Baba & Kleuter

’n Verhouding wat werk

-

Vir Susan Jordaan (35) van Durbanvill­e in Kaapstad was haar kinderoppa­sser ’n geskenk so reg uit die hemel.

Susan het in November 2013 die lewe geskenk aan ’n tweeling, Sophia en Mari.

“Eers het ek en my man, Hen nie, iemand gesoek om my net te help terwyl ek met kraamverlo­f was. Ek sou hulle daarna dagsorg toe stuur. ’n Vriendin het my toe van Joyce vertel.”

Joyce Zama (43) kom van De Aar af en praat vlot Afrikaans.

“Dit was vir my baie belangrik dat sy Afrikaans moes kon praat en dat sy ’n slag met die tweetjies het. Ek het nie geweet of sy die tweeling sou kon oppas en boonop die huis sou kon skoonhou nie en wou haar eers nie vas aanstel nie.

“Maar sy het haar oor en oor bewys en ek is vandag baie dankbaar dat sy vir ons kan werk.”

Susan sê Joyce het hope geduld met en liefde vir Sophia en Mari.

“Sy is ook baie presies. Sy vra as sy nie weet nie en ons kommunikee­r uitstekend.”

Joyce woon in ’n taamlik gevaar like gebied en moet reeds vroegoggen­d by Susan aanmeld.

“Ons betaal haar daarom ’n bietjie meer sodat sy vervoer direk van haar huis af kan neem. Sy is regtig baie betroubaar en was nog net in uitsonderl­ike omstandigh­ede laat.”

Oor hul daaglikse program sê Susan sy bel Joyce as daar iets spesifieks is wat sy wil hê met die tweeling gedoen moet word.

“So nie volg Joyce haar eie roetine.”

Susan sê die tweeling word baie goed versorg, maar is ook baie onafhankli­k en speel graag saam.

“Ek kan sien as ek by die huis kom hoe lief sy vir hulle is, en hulle vir haar. En dit is die belangriks­te.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa