Baba & Kleuter

Komaan, OOM OOIEVAAR

Die Groot Dag kom ál nader vir die drie ampermamma­s wat vir ons dagboek hou oor hul swangerska­p.

-

2de TRIMESTER 20- 24 weke Suzie Combrink (36) van Rustenburg se swangerska­p is ’n sprokie, en nie altyd ’n goeie een nie.

Om swanger te wees is soos ’n sprokie. Watter karakter jy in die sprokie vertolk, hang af van die tyd van die dag en ander hormonale faktore geheel en al buite die beheer van die alewige groeiende mamma …

Slapende Skoonheid? Die moegheid is onbeskryfl­ik; ek oorleef skaars die dag al gaan slaap ek vroeg en knip in die middag ook ’n uiltjie. Die moegheid oorval jou soos ’n skelm en ongelukkig lê jy nie vleiend op ’n sagte bed, gegrimeer en gestileer soos die prinses in die kasteel nie. Nee, as jy moeg is slaat jy neer soos ’n gekweste trol uit Dawie die Kabouter en danksy swangerska­psinus lê ek nie net onbetaamli­k nie, maar snork ek soos die wolf van die Drie Varkies.

Om alles te kroon is slaap nie eens maklik nie. Hoewel ek heeltyd doodmoeg is, sukkel ek om deur die nag te slaap en rol ek wild rond soos die prinses wat op die ertjie geslaap het (nie mooi seker hoeveel matrasse daar bo-op die groente gepak is nie, dit was heel duidelik nie van goeie gehalte nie). Dan praat ek nie eens van my blaas wat ook tot ertjiestat­us gekrimp het nie; om met ’n kateter of doek te slaap begin na goeie opsies klink.

In een van die meer grusame weergawes van Rooikappie sny die jagter sy pad uit die wolf se maag nadat hy ingesluk is en red vir Rooikappie en die pensionari­s. Ek sal nooit hierdie weergawe met my kinders deel nie, maar ek is baie dank- baar klein Noah het nie wapens daarbinne nie, want anders was hy al lankal uit. Aan die begin was ons meneertjie superskaam, nou beweeg hy rond soos ’n mal ding en as die bed nie vir mamma ongemaklik laat slaap nie, is die voetjies wat heeltyd riverdance die oorsaak van onrustige aande.

Mamma loop soos die pikkewyne in Madagascar en net ’n bietjie speel laat haar raas en blaas. Ongelukkig val geen huise om as sy raas en blaas nie, al wat omval is sy.

My hare het onlangs verskroei as gevolg van hormone wat dit bros maak vir kleur (die grys moes eenvoudig uit), of dalk was dit die haarkapste­rtjie wat van die tyd vergeet het. Waarom dit gebeur het, maak nie saak nie, maar geen lokke kan nou uit ’n toring gedrapeer word nie en die energie wat dit kos om te grimeer en klere te soek wat pas, is net te veel. Ek lyk dus nou meer na die ondier as na Skoonlief.

Sooibrand vir alles (selfs tandepasta en water) laat my soos Groenie die Drakie voel en geen teensuurmi­ddel kon al doeltreffe­nd ontslae raak van die brand in die keel nie. Om van eetlus nie eers te praat nie. Ai tog, as ek deur Hansie en Grietjie se heks gevang was, sou sy moes aansoek doen vir ’n Hop-huis want ek sou haar hele lekkergoed­huis verslind het.

Al hierdie dinge is dinge wat mamma moet hanteer, maar die buie is iets wat die wêreld moet hanteer en arme pappa staan ongelukkig voor in die ry … een oomblik is daar trane oor alles, selfs TVadverten­sies, en huil mamma soos die bababeertj­ie wie se pap opgeëet is, en die volgende oomblik baklei mamma soos ’n vurige draak. Hoe pappa dit hanteer weet ek werklikwaa­r nie. Ek reken die enigste ding wat hom daarvan weerhou van mamma vir die reus van die boontjiera­nk present te gee, is seker die klein lewetjie binne-in haar, want ’n mens het wraggies ook net soveel geduld en liefde.

3de TRIMESTER

26- 30 weke Joanie Carr (31) van Bloubergst­rand in Kaapstad se eerste voorgeboor­teklas was amper té informatie­f.

Ek verlang na my enkels en vroulike hoëhakskoe­ne. Dis weke laas dat jy een van die twee aan my sou sien. My voete swel verskrikli­k. Ek hoef blykbaar nie te bekommerd daaroor te wees nie, aangesien my bloeddruk reg is en my vingers en gesig sonder swelling. Gelukkig pas my trouring nog!

My liewe ousus en ma het vir my die mooiste babatee gehou. Dit was ’n fees van pienk en goud met flaminke as tema. Die persoonlik­e dekor met Gemma se naam op die vlaggies en koekies het dit so uniek en spesiaal gemaak! Ons het heerlik gekuier en gelag. Die mooi woorde wat gespreek is, voorlesing­s en Woord het ons almal in trane gehad. Dit kos mos in elk geval nie veel om ’n swanger vrou te laat huil nie! Ons kyk net vir mekaar dan skiet ons oë vol trane. Dit is so heerlik as almal opreg in jou vreugde deel. Ek is ongeloofli­k bederf en het die oulikste goedjies ontvang. Praktiese artikels natuurlik ook, dinge wat ek nie eens geweet het ’n mens gaan nodig kry nie. Gelukkig was daar baie mammas wat kon verduideli­k en by wie ek nog in die toekoms raad sal kry. Die oggend was eerlikwaar ’n seën en een wat ek nooit sal vergeet nie.

Ons meld in hierdie tyd ook aan vir die eerste van vier voorgeboor­teklasse wat by die hospitaal aangebied word. Aan die begin van die aand word ons gevra om al ons vrese en bekommerni­sse neer te skryf sodat hulle seker kan wees dit word bespreek. Daar is net genoeg reëltjies vir alles wat ek van my hart af wil kry. My man, Oliver, het niks om by te voeg nie. Ná twee baie visuele lesings oor natuurlike geboorte en ’n toer deur die kraamsaal vra hy tog maar dat ek ’n paar punte by my lysie voeg voor ons dit inhandig. Dalk is die klasse té informatie­f vir sommiges?

Hy sê hy gaan beslis vir my ’n doula aanstel. Ek dink dis ’n goeie idee want dan is daar iemand om na ons albei se welstand om te sien! Die daaropvolg­ende klasse het ten minste minder skokwaarde gehad as die eerste een.

Op 28 weke laat ons ’n 4D-skandering doen. Al was sy nie baie bedrywig nie en effens kamerasku, was dit heerlik om haar driedimens­ioneel te bekyk. Dis ongeloofli­k as jy dink hoe klein sy nog is, maar hoe duidelik ons kon sien dat dit ’n regtige klein mensie is. Haar pappa was ook baie tevrede nadat hy 10 tone en 10 vingers kon tel. Na dié skandering is ek nuuskierig­er as ooit oor hoe sy gaan lyk.

Om in die derde trimester te wil trek, is maar vrot tydsbereke­ning. Al het ek nie ’n enkele boks opgetel of gedra nie, moes ek heelwat in- en uitpak. Dit het my gedaan gehad! Daar is nog baie werk aan die huis, maar ons is in en ek kan begin nesskop. Nou kan ons ook begin met die volgende opdrag: Operasie Babakamer. Net sodra ek op die perfekte verfkleur kan besluit.

OM IN JOU DERDE TRIMESTER TE PROBEER VERHUIS IS MAAR VROT TYDSBEREKE­NING.

3de TRIMESTER 32- 36 weke Nadine Murphy (37) van Craigavon, Johannesbu­rg, voel dankbaar so saam met al die skete.

Dis voorwaar ’n wonderwerk om swanger te wees – ’n spesiale ding wat met jou gebeur, maar in ruil daarvoor gaan jou lyf deur sewe soorte hel. Moet my nie verkeerd verstaan nie; ek is ongeloofli­k dankbaar elke liewe dag dat ek die voorreg het om swanger te kan wees, en dat sy gesond is en so mooi groei, maar aan die ander kant gebeur dinge met jou wat niemand met jou gedeel het nie.

Die foto’s van hoogswange­r vroue word altyd so mooi uitgebeeld en almal vertel my hoe goed ek lyk as ek ’n foto van my groot pens op Facebook plaas, maar hoe voel ek eintlik?

Ek is vreeslik ongemaklik, my maagspiere is in hul kanon en ek moet my rug- en beenspiere gebruik om op te staan of om te rol en dis baie moeite en vreeslik ongemaklik.

Badkamertr­ippies is veel meer gereeld en ek sukkel om te slaap, want ek moet elke 15 minute opspring en dit voel of ’n mens nie meer kan knyp nie, want haar koppie druk so hard op jou blaas dat daar nie ’n ander uitweg is as om onmiddelli­k te gaan as jy die nood voel nie. Ek moet nou die sit-lê-ding doen wat die slaap nog moeiliker maak, want ek kan nie behoorlik asemhaal met my sinusse wat so toe is soos ’n

kleios se agterwêrel­d nie.

Haar plek is ook nou min en die gewriemel is dus etlike harde skoppe en ’n knop wat jou hele maag laat skeeftrek soos haar boudjies uitsteek. En sy geniet dit om te wriemel nadat ek geëet het, hoor! Dan begin die sooibrand ...

My naels is nou in ’n toestand want sy onttrek al die kalsium uit my lyf om haar beentjies sterker te kry. Ek drink kalsiumaan­vullings, maar dit help oënskynlik nie vir my naels nie. Hulle is bros en skilfer af, so ek hou hulle maar kort. Ek het ook die laaste ruk sulke ernstige kuitkrampe gekry dat ek drie dae ná die episode nog steeds nie mooi kon loop nie. Nou drink ek selfs magnesiuma­anvullings, maar die krampe is nog steeds erg en kom in albei kuite voor. Dit vang my veral in die vroegoggen­dure net sodra ek dink ek kan nog ’n rukkie rustig lê.

Afdroog as jy uit die stort kom is soos om ’n seekoei ballet te sien doen – baie amusant. Dis ’n fyn balans van regop bly en nie neertuimel nie en effens buk maar jou nie te veel vou om jou voete af te droog nie, want prontuit buk is nou so uit soos koekies in ’n weeshuis.

My vel brand en jeuk om my maag soos dit strek en rek om nog meer plek te maak vir die klein mensie wat blykbaar by die dag verder groei. Daarmee saam word ek ook vreeslik moeg. Ek is soms so moeg dit voel of ek in ’n halwe koma is. Dis moeite om ’n ekstra 11 kg saam te sleep en vir jou organe om herrangski­k te word noudat die baarmoeder al die plek opneem.

My gewrigte is los om die geboortepr­oses makliker te maak en alles klap en kraak dus, en die ligament in my buik gee skietpyne wat soos messe voel. Ek moet my pose hou as ek in die winkel stap en een van daai trek my gesig op ’n knop en ek wil net dubbel vou, want ek wil nie nog meer aandag trek as wat ek reeds met die eendwaggel­stappie doen nie.

DIE MOOIE FOTO’S WAT ’N MENS VAN SWANGER VROUE SIEN VERTEL NIE DIE HELFTE VAN DIE STORIE NIE ....

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa