Baba & Kleuter

TROEF DIE snuffels

Beskerm jou hele gesin op die natuurlike manier teen die aanslag van die winter se nare kieme. Karvol kan help.

-

#1 Haal asem

Jong kinders kan elke ses tot agt weke verkoue kry, en hulle bring ongelukkig ook die kieme huis toe na ma en pa. Wanneer julle almal aan die hoes en nies is, kan Karvol met sy natuurlike bestanddel­e verligting bring. Daar is ‘n produk geskik vir elke gesinslid: ● Ontstuwing­s-kapsules (vir babas vanaf 3 maande) kan in ‘n lugbevogti­ger of op ‘n lap gebruik word; ● Die borssalf kan vanaf ses maande gebruik word (aangesmeer of as stoominhal­ant vir ouer kinders; ● Die kamersproe­i is vir kinders vanaf

2 jaar en volwassene­s geskik.

#2 Speel buite

Koue maak jou nie siek nie. Trek reg aan en geniet die vars lug. Dis bewys dat mense wat oefening kry, minder gereeld verkoue kry. Oefening laat jou bloed vinniger sirkuleer sodat jou witbloedse­lle meer doeltreffe­nd infeksie kan beveg. Oefening raak ook van stres ontslae, en stres laat mens gouer siek word omdat dit jou immuunfunk­sie onderdruk.

#3 Eet gesond

Probeer om elke dag van die volgende bestanddel­e by jou gesin se spyskaart in te sluit: Vars vrugte en groente wat ryk is in Vitamien C soos sitrusvrug­te, broccoli en patat. Knoffel (Rou is beter as gaar; voeg dit dus aan die einde by wanneer jy kosmaak). Probiotika wat jou spysverter­ing gesond hou, wat weer ’n positiewe uitwerking het op jou immuunsist­eem. Antioksida­nte wat bakterieë beveg is te kry in amandels, appelkose, wortels, spinasie, patat, tamatie, vis en sampioene. Borsmelk vir jou baba. Dis vol teenliggaa­mpies wat jou baba beskerm. Jy kan dit selfs in ’n toe neusie drup. Water. As julle gehidreer bly, help dit die slymvliese om gesond te bly. Droë slymvliese is baie meer vatbaar vir kieme as vogtige slymvliese.

#4 Kry genoeg rus

Die immuunstel­sel kry ’n knou wanneer jy sleg slaap. Hou by ’n goeie slaaptydro­etine van bad-storie-slaap. Dis gelukkig makliker om in die winter vroeg in te kruip. Vir kinders tel die ure voor middernag meer as die ure ná middernag, want slaapgehal­te is dan beter. Vroeg gaan slaap is dus meer voordelig as laat opstaan. Gebruik ‘n Karvol-produk om asemhaling te vergemakli­k en sodoende beter te kan slaap.

#5 Hou dinge skoon

Die heel belangriks­te higiëne maatreël is om gereeld hande te was en so te keer dat kieme versprei. Leer jou kinders hoe om dit deeglik te doen. Moedig jou kinders aan om so min as moontlik aan hul gesig te vat, want verkouekie­me dring graag die liggaam deur die mond en neus binne. Wys hulle hoe om in die hoek van hul elmboog te hoes of nies. As hulle hul hand voor hul mond sit as hulle hoes of nies, moet hulle daarna hande was. Gebruikte sneesdoeki­es moet dadelik in die drom gegooi word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa