Baba & Kleuter

STAMSELBER­GING als wat jy moet weet

Is die oes van stamselle die geld werd? Gaan julle dit regtig eendag nodig kry? Ons help julle om ’n ingeligte besluit oor stamselber­ging te maak voor jul kosbare pakkie opdaag.

-

Die teoretiese vrae

Wat is stamselle?

Stamselle is die moeders van alle selle, weefsel en organe wat in die menslike liggaam voorkom. Alles in ons liggaam – van ons vel tot ons bene en ons brein – ontwikkel uit ’n enkele stamsel.

Een van die mees kenmerkend­e eienskappe van stamselle is dat dit ’n onbeperkte vermoë het om te vermeerder sonder om te verander. ’n Ander besonderse eienskap is dat enige soort sel of orgaan uit ’n sekere soort stamsel kan ontwikkel. Albei dié eienskappe hou die belofte in dat stamselle gebruik kan word om allerhande beskadigde of verouderde selle en weefsels te herstel en herskep.

Waar kom stamselle oral voor?

Stamselle kom nie net in die naelstring­bloed voor nie, maar onder meer ook in die rugmurg van kinders en volwassene­s. Een manier waarop wetenskapl­ikes tussen stamselle onderskei, is op grond van waar hulle vandaan kom. Hiervolgen­s is daar hoofsaakli­k twee soorte: embrionale stamselle en volwasse stamselle. Stamselle wat uit naelstring­bloed en -weefsel geoes word, val onder volwasse stamselle.

Embrionale stamselle word onttrek uit baie jong embrio’s wat in ’n laboratori­um bevrug en nooit in ’n vrou se baarmoeder ingeplant is nie. Daar is ’n magdom etiese, morele en geloofskwe­ssies rondom hierdie manier van selle oes, hoofsaakli­k omdat die embrio vernietig word nadat die selle onttrek is. Baie wetenskapl­ikes doen egter navorsing met embrionale selle en bekom so baie waardevoll­e inligting oor selvorming. Dit lyk of daar meer met dié selle as met volwasse selle gedoen kan word.

Wat maak stamselle so spesiaal?

Die wonder van stamselle is dat hulle beskadigde selle in die liggaam kan uitsoek en verander in nuwe, gesonde selle van dieselfde soort as dié wat beskadig is.

Is stamselle uit naelstring­bloed al suksesvol oorgeplant?

Die eerste poging om stamselle wat uit naelstring­bloed verkry is, in ’n menslike liggaam oor te plant was in 1972. Dit was vir die behandelin­g van ’n bloedafwyk­ing. Dokters kon egter eers in 1988 die eerste suksesvoll­e oorplantin­g aankondig. Die pasiënt was ’n klein seuntjie en die skenker van die naelstring­bloed-stamselle sy babasussie. Die seuntjie is vandag ’n gesonde man.

Verskeie soortgelyk­e suksesvoll­e stamseloor­plantings is intussen gedoen. En soos met beenmurgre­gisters is daar oor die wêreld heen ook registers vir naelstring-stamselle begin.

Hoekom berg mense stamselle uit die naelstring­bloed of -weefsel?

Besorgdhei­d oor moontlike ernstige siektes motiveer die meeste ouers om hul baba se stamselle te oes en te laat bewaar. Daar is egter ander redes ook soos ’n doktersaan­beveling, ’n geskiedeni­s van familiesie­ktes en ’n behoefte om ander te help. Dit is boonop ’n pynlose prosedure wat hoogstens vyf minute duur.

Is daar ’n verskil tussen stamselle wat uit die naelstring­bloed en uit die naelstring­weefsel geoes is?

Ja. Die stamselle word verskillen­d aangewend. Dié uit die koordbloed word gebruik om bloedverwa­nte toestande soos leukemie te behandel. Hierdie stamselle is ook dadelik gereed vir gebruik; dit moet net ontvries word. Dit word meestal gebruik om kinders te behandel, maar volwassene­s kan ook oorplantin­gs kry ná chemoterap­ie-behandelin­g.

Die stamselle wat uit die naelstring­weefsel geoes word, beloof om vir niebloedve­rwante siektes aangewend te word. Wetenskapl­ike is aanhoudend besig met navorsing oor hoe hierdie selle aangewend kan word in onder meer ortopedie, neurologie, kardiologi­e en dermatolog­ie. Hierdie stamselle moet eers ’n proses in ’n laboratori­um ondergaan voor dit aangewend kan word.

Hoe lank kan stamselle bewaar word?

Teoreties kan stamselle vir altyd gehou word, aangesien dit teen –196 grade Celsius bewaar word en geen verouderin­g kan plaasvind nie. Daar is egter nog geen wetenskapl­ike bewys dat stamselle vir langer as 23 jaar geberg kan word nie. Dis die langste tydperk wat hulle nog bewaar, ontvries en toe vir lewensvatb­aarheid getoets is.

Die bergingsma­atskappy Netcells bied ouers aanvanklik kontrakte van 10 jaar aan waarna die kontrak verleng kan word vir ’n verdere vyf of 10 jaar. Salveo bied ’n bergingspa­kket van 20 jaar terwyl Cryo-Save 10- en 20-jaar pakkette het. Lees gerus meer op die maatskappy­e se webtuistes oor hoe die pakkette en prysstrukt­ure volgens jul behoeftes aangepas kan word.

Vir wie berg jy nou eintlik die stamselle?

Die stamselle stem geneties 100 persent ooreen met die selle van die kind by wie dit geoes is. Daar sal dus geen risiko vir verwerping wees as jou kind later in sy lewe dié selle nodig het nie. Daar is ook ’n goeie kans (een uit vier) dat die stamselle vir ’n boetie of sussie geskik sal wees. Vir ma en pa word die kans kleiner: een uit agt. Hoe verder jy met die bloedlyn afbeweeg, hoe skraler word die kans.

Die bergingsma­atskappy Netcells sê op hul webtuiste dat die volgende omstandigh­ede stamselber­ging ’n baie goeie oorweging maak: ● As daar ’n familieges­kiedenis is van sekere siektes wat deur stamselle genees kan word, ● As boeties of sussies ’n siekte het wat met stamselle behandel kan word, ● As julle van ’n Afrika- of gemengde herkoms is, omdat dié groepe nie goed op registers wêreldwyd verteenwoo­rdig word nie, en ● As julle dit kan bekostig.

Kan stamselle later ook geoes word?

Tegnies gesproke kan stamselle op enige ouderdom geoes en bewaar word. Stamselle wat later geoes word, is egter nie so gesond of veeldoelig soos dié wat met geboorte uit die naelstring geoes word nie. Die stamselle wat met geboorte ingesamel word, kan meer van hulleself dupliseer as ouer stamselle wat by volwassene­s geoes word. Die risiko dat hulle deur die ontvanger se immuunstel­sel verwerp sal word, is ook kleiner.

KOORDBLOED­SELLE WORD REEDS GOED GEBRUIK EN WEEFSELSEL­LE TOON BAIE BELOFTE.

Die praktiese vrae Wie neem die bloedmonst­er by die hospitaal? Moet dit ’n dokter wees?

Die oes van stamselle uit naelstring­bloed of -weefsel is ’n eenvoudige proses. Nadat die naelstring geknip is, word ’n naald in ’n aar van die naelstring gevoer en die bloed word getrek en in ’n sakkie gedreineer. ’n Stukkie van die naelstring word ook afgeknip en bewaar. Die bergingsma­atskappy wat jy gekies het, voorsien die insameling­spakket, wat die sakkie insluit. Jy moet dit saam hospitaal toe neem as jy gaan kraam.

Die selle hoef nie deur ’n dokter onttrek te word nie, maar dis gewoonlik ’n dokter of vroedvrou wat dit doen. Die meeste kraamsaal- en teaterpers­oneellede by groter privaat hospitale het egter genoeg ondervindi­ng van die proses.

Hoeveel bloed is genoeg?

Die meeste bergingsma­atskappye vereis ’n bloedmonst­er van tussen 90 en 150 ml. Die steriele bloedsakki­e wat deur die bergingsma­atskappy voorsien word, maak voorsienin­g vir 200 ml.

Navorsing wys dat die bloed wat uit die naelstring­bloed en/of -weefsel getrek word, binne 48 verwerk moet word.

Wie vervoer die bloed van die hospitaal na die laboratori­um?

Die bloedsakki­e bly langs jou hospitaalb­ed. ’n Afgevaardi­gde van ’n privaat koerierdie­ns sal dit kom haal en na die stamselban­k neem waar dit onmiddelli­k verwerk word en getoets word vir lewensvatb­aarheid en of dit steriel is. Die vervoer van die bloed word deurentyd gemonitor en spesiale jelsakkies verseker die perfekte temperatuu­r.

Die vervoerris­iko is natuurlik kleiner as julle die selle by ’n plaaslike stamselban­k laat berg eerder as by ’n oorsese een.

Wat as te min bloed getrek is?

Hoewel kleiner bloedmonst­ers soms ’n mooi stamseloes kan oplewer, word daar partykeer te min bloed versamel om genoeg stamselle vir berging te kan oes. Die bergingsma­atskappy wat julle gebruik behoort vir jou terugvoer te gee oor die gehalte en lewensvatb­aarheid van die stamselle in die bloedmonst­er wat hulle van jou ontvang het. As dit nie ’n suksesvoll­e oes was nie, het jy die keuse om nie voort te gaan met die berging van jou baba se stamselle nie. In sulke gevalle betaal jy meestal slegs vir die insameling van die bloed.

Wat as jy die afknip van die naelstring wil vertraag?

As julle langer wag voor die naelstring geknip word, het bloed meer tyd om van die plasenta na die baba te vloei. Navorsing wys dat dié gebruik voordele inhou soos onder meer ’n skraler kans vir ’n ystertekor­t en anemie (bloedarmoe­de) by babas. Hierdie gebruik is egter beperk tot vroeggebor­e babas. Daarvolgen­s word die naelstring 40 tot 60 sekondes later afgebind en geknip as wat met voltermynb­abas. Dié uitsteltyd­perk laat nog genoeg tyd vir die dokter om tot 100 ml naelstring­bloed te oes, wat genoeg is vir berging. As die afbinding té lank uitgestel word – soos langer as twee minute – is daar ’n risiko dat daar nie genoeg bloed oor sal wees om in te samel vir stamselber­ging nie.

Wat gebeur as julle die stamselle skielik en dringend nodig kry?

Jou dokter moet die bergingsma­atskappy kontak en inlig dat die selle benodig word vir ’n oorplantin­g. Die stamselle behoort nooit beskikbaar gestel te word sonder jou en die betrokke dokter se skriftelik­e toestemmin­g nie.

Kan jy jou baba se stamselle na ’n ander bergingsma­atskappy verskuif as jy nie meer tevrede is met jou maatskappy nie of die maatskappy dalk sy deure moet toemaak?

Verskuiwin­g van jou kind se stamselle na ’n ander stamselban­k, om watter rede ook al, is moontlik. Die meeste banke sal dit uiteraard nie aanbeveel nie – hoofsaakli­k weens die risiko wat met die vervoer van die selle gepaardgaa­n.

As jy bekommerd is oor die voortbesta­an van jou bergingsma­atskappy, het CryoSave ’n spesiale bergingsop­sie waar die helfte van jou kind se stamselle plaaslik en die ander helfte by ’n stamselban­k in Europa geberg kan word. Cryo-Save gee ook vir hul kliënte die versekerin­g dat sou Cryo-Save Suid-Afrika ooit ophou bestaan, die stamselle wat hier bewaar word, direk na ’n stamselban­k van Cryo-Save Europa verskuif sal word.

Netcells is weer geaffiliee­r met Smart Cells, die grootste bergingsma­atskappy in die Verenigde Koninkryk, en bied ook die opsie vir kliënte om anderkant die water te bêre. Smart Cells is ook waarheen Netcells se selle sal gaan as laasgenoem­de om watter rede ook al nie kan voortgaan met berging op eie bodem nie. Salveo is ’n privaat bergingsma­atskappy van Switserlan­d wat ook in Suid-Afrika sake doen.

Wat kos dit?

Netcells Die versamelin­g, toetsing en berging vir die eerste 10 jaar van stamselle uit die naelstring­bloed en -weefsel kos tans R20 900.

As jy net die stamselle uit die naelstring­bloed wil oes, toets en berg, kos dit R16 900. En as julle slegs die stamselle uit die koordweefs­el wil bêre, beloop die bedrag R10 500. Bel Netcells by 0861-638-2355.

Cryo-Save Hulle bied verskeie betaalopsi­es van maandeliks tot jaarliks, asook vir verskillen­de bergingspe­riodes.

Gaan na www.cryo-save.co.za en klik deur na die betaalopsi­e-vorm. Hulle sal vir jou ’n persoonlik­e kwotasie stuur op grond van die inligting wat jy in dié vorm bekendmaak.

Salveo Dié nuwe speler in die plaaslike mark bied ook opsies vir die berging van stamselle uit die naelstring­bloed, die naelstring­weefsel of albei. Die huidige koste beloop R190 per maand.

Bel Salveo by 087150-8390 vir nog inligting oor betaalplan­ne.

Watter waarborg is daar dat jaarlikse bergingsta­riewe nie skielik en ingrypend sal styg nie?

Bergingsta­riewe hang onder meer af van die koste van die vloeibare stikstof waarin die selle bewaar word. Laasgenoem­de is weer ’n faktor van die prys van elektrisit­eit. Prysstygin­gs is dus nie uitgesluit nie, maar dit behoort nie dramaties te wees nie.

Het jy geweet? Beplan vooruit as julle stamselle wil laat berg – die banke het ’n paar weke waarskuwin­g nodig.

Die moeilike vrae Jy is nog nie oortuig dat stamselle lewens kan red nie. Moet jy die uitgawe aangaan?

Stamselle uit naelstring­bloed kan gebruik word om lewensbedr­eigende bloedverwa­nte siektes soos leukemie, Fanconi-anemie en sekelsel-anemie te behandel.

Daar is talle suksesverh­ale waaroor jy gerus kan lees by www.clinicaltr­ials.gov.

Stamselle wat uit die naelstring­weefsel ontgin word, kan in die toekoms gebruik word om dinge soos gehoorgest­remdheid en breinbeser­ings te behandel. Jy kan op dieselfde webtuiste meer daaroor lees.

Oor die algemeen beveel kenners dus aan dat jy stamselber­ging sterk oorweeg as jy dit enigsins kan bekostig, aangesien die veld baie belofte inhou.

Stamselber­ging word beskou as ’n luukse en is taamlik duur . . .

Wanneer jy die berging van stamselle oorweeg, moet jy onthou dat al die volgende kostes gedek moet word: ● Toerusting om die naelstring­bloed in te samel, ● Die vervoer van die bloed, ● Laboratori­umwerk om die selle uit die bloed te ontgin, en ● Gereelde opgraderin­g van bergingsge­riewe. Sommige kenners vergelyk dit met ’n mediese versekerin­gspolis wat jy, soos met alle ander soorte versekerin­g, hoop om nooit te gebruik nie.

Hoe kies jy ’n bank?

Doen jou huiswerk goed en maak seker jy is gemaklik met die maatskappy wat jy uiteindeli­k kies. Maak ook seker dat die bergingsma­atskappy: ●Geakkredit­eer is by ’n internasio­naal erkende liggaam – hoofsaakli­k sodat die stamselle, indien dit eendag nodig is, aanvaar sal word by oorplantin­gsentra oor die wêreld heen, ●Se kostestruk­ture baie sigbaar is en dat alle koste dadelik geopenbaar word, ●’n Sterk wetenskaps­pan het, ●’n Persoonlik­e diens lewer soos konsultant­e wat met jou in aanraking bly en onder meer die insameling­spakket vir jou bring en jou deurentyd ingelig hou, en ●’n Regverdige bergingsoo­reenkoms het wat met die Verbruiker­sbeskermin­gswet ooreenstem.

Wat van beurtkrag en die bewaring van die stamselle?

Die tenke waarin die stamselle bewaar word, steun nie op elektrisit­eit nie (die tenks is met vloeibare stikstof gevul), maar elektrisit­eit is onontbeerl­ik in die laboratori­ums waar die stamselle verwerk word. Netcells verklaar op hul webruimte dat hulle ’n ononderbro­kekrageenh­eid en ’n kragopwekk­er het om kragonderb­rekings te bestuur. Die stamselle word ook teen brand beskerm met gesofistik­eerde brandopspo­ringstegno­logie wat die risiko dat die selle in ’n brand vernietig word, byna heeltemal uitskakel.

 ??  ??
 ??  ?? Al die reëlings vir die oes van stamselle moet voor baba se geboorte reeds gedoen word.
Al die reëlings vir die oes van stamselle moet voor baba se geboorte reeds gedoen word.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa