Baba & Kleuter

Normale geboorte ná keiser

- DR. JP DU BUISSON GINEKOLOOG EN VERLOSKUND­IGE YOLANDE VROEDVROU MARITZ

V Ek verwag my tweede kind. Met my eerste het ek ’n keisersnee gehad, maar ek wil dié keer baie graag normaal die lewe skenk. Wat kan ek doen om ’n sukses te maak van die beplande normale geboorte? Wat is die risiko’s van ’n normale geboorte ná ’n keisersnee?

A Yolande Maritz antwoord: Jy verwys na die kraamopsie VBAC ( VaginalBir­th AfterC-Section). Dit word wêreldwyd as veilig beskou, mits ’n mens hou by die reëls wat deur die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie neergelê is. Dié organisasi­e is die waghonde oor internasio­nale gesondheid­sorg, navorsing en toepassing­standaarde. Jy verstrek ongelukkig nie die rede vir jou keisersnee nie en daarom kan ek nie veel sê oor die sukses van jou beplande vaginale geboorte nie. Ek kan net die feite deel oor die risiko’s wat aan VBAC verbonde is en daarna kan jy ’n ingeligte besluit neem. Jy sal maklik geholpe raak en ondersteun word as jy ’n vroedvrou as primêre versorger vir die geboorte aanstel. Syfers wys ook dat jy jou kans op ’n suksesvoll­e vaginale geboorte ná ’n keiser verhoog as jy ’n watergeboo­rte kies.

DIE FEITE

Die rede vir jou eerste keisersnee mag nie weer voorkom nie, byvoorbeel­d dat jou baba stuitligge­nd was.

Daar moet minstens18 maande tussen jou keisersnee en jou volgende kraamdatum verloop.

Die keisersnee moet aan die onderkant van jou buik wees, dus by jou bikinilyn. Jy moet spontaan begin kraam en spontaan in kraam bly. Geen induksie of ingryping word toegelaat nie. Jou serviks moet minstens 1 cm per uur of gouer ontsluit in die eerste stadium van baring. Jy moet ’n laerisiko-swangerska­p handhaaf. Jy moenie ’n twee- of meerling verwag nie.

Jou baba moet kleiner as 3,8 kg wees.

DIE FEITE

Die gevaar dat jou baarmoeder tydens die geboorte kan skeur is 0,4 persent.

Sowat 13,4 ma’s uit 100 000 sterf tydens ’n VBAC.

DIE VOORDELE Altesaam 75 persent van mense wat ’n VBAC aanpak, slaag daarin om ’n veilige geboorte te hê. Latere komplikasi­es verlaag drasties nadat jy vir die eerste keer ’n suksesvoll­e VBAC gehad het.

Jy bly korter in die hospitaal. Jy herstel vinniger. Die gevaar van bloeding ná die geboorte is kleiner.

Die kans dat jou baba asemhaling­sprobleme het, is kleiner. Dis ’n verrykende en bemagtigen­de ervaring.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa