Baba & Kleuter

Komplikasi­es met tweeling

-

V Ek verwag ’n tweeling. Ek het onlangs gelees van ’n vrou wat een van haar tweeling verloor het toe sy 34 weke swanger was. Haal hulle albei babas in so ’n geval dadelik uit? Hoe raak dit die lewende kindjie?

A Dr. JP du Buisson antwoord: Baie geluk met die tweeling. Ja, tweelingsw­angerskapp­e het maar ’n groter risiko. Jy noem egter nie of jou tweeling ’n plasenta deel nie.

As die vrou se tweeling ’n plasenta gedeel het, sou haar dokter op 34 weke waarskynli­k die ander baba dadelik verlos het – al beteken dit dat die oorlewende baba te vroeg verlos word, wat weer tot sy eie probleme lei.

Die sterfte was waarskynli­k weens ’n komplikasi­e wat tweelingtr­ansfusiesi­ndroom genoem word. Dié toestand ontstaan by tweelinge wat ’n plasenta deel en waar die babas se bloedstels­els uiteindeli­k verbind word. Die een baba kry dan te veel bloed terwyl die ander een “uitbloei”. Dis dié een wat gewoonlik sterf as daar nie betyds ingegryp word nie.

As die babas ’n plasenta deel en die een sterf, is daar ’n kans van 20 persent dat die ander een neurologie­se skade opdoen, selfs voor die verlossing.

Dis waarom tweelingsw­angerskapp­e meer intensief dopgehou moet word. Tweeweekli­kse sonars moet gedoen word om te soek na vroeë tekens van tweelingtr­ansfusiesi­ndroom. Indien nodig kan die bloedvatve­rbinding onderbreek word met ’n binnebaarm­oederopera­sie waar die vate met laser toegeskroe­i word. Daar is net ’n handjievol spesialist­e in Suid-Afrika wat hierdie prosedure uitvoer.

Indien elke lid van die tweeling sy eie plasenta het en een sterf, hang die volgende stap af van hoe ver swanger die pasiënt is. As die sterfte baie vroeg in die swangerska­p plaasgevin­d het, wag ’n mens eers dat die oorlewende baba meer volwasse is voor jy hom verlos. Die kans is baie kleiner dat die oorlewende enetjie neurologie­se skade opdoen. Die dokter het dan ook tyd om steroïede aan die ma te gee sodat die baba se longe vinniger kan ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa