Baba & Kleuter

Ondersoeke en toetse

-

Nadat julle mekaar die eerste keer van naderby beskou het, moet jul nuwe baba haar eerste roetine-ondersoeke en mediese toetse ondergaan. Die ondersoek sal bepaal of sy gesond is en nie dalk lewensbedr­eigende probleme het wat nie dadelik met geboorte sigbaar was nie.

APGARTELLI­NG Die vroedvrou of dokter moet bepaal hoe goed ’n baba se liggaam funksionee­r en dit word met ’n standaardt­oets of Apgartelli­ng bepaal. Die vyf elemente wat met die Apgartelli­ng ondersoek word, is asemhaling, polsslag, liggaamskl­eur, refleks en aktiwiteit. Elke onderafdel­ing word ’n telling uit 2 gegee, wat beteken die maksimumte­lling is 10.

Sewe of meer uit 10 is ’n goeie telling, maar babas met ’n telling onder vyf kan ekstra suurstof nodig hê om hul asemhaling te reguleer. Selfs babas met ’n telling van sewe kan sukkel met asemhaling en suurstof nodig hê.

Babas met ’n tekort aan suurstof se asemhaling is onreëlmati­g, hul polsslag is meestal laer as 100 en hul velkleur is blou of blekerig pleks van ’n gesonde pienk.

Babas behoort drie keer ná geboorte volgens die Apgarskaal ondersoek word: een minuut ná geboorte, vyf minute ná geboorte en 10 minute ná geboorte.

GEWIG, KOPOMTREK EN LENGTE Die vroedvrou of dokter sal natuurlik kyk of daar nie sigbare fisieke afwykings is nie en baba dan weeg. Dié gewig word later as maatstaf gebruik om te bepaal of sy na wense gewig aansit. Enige gewig tussen 2,5 en 4,5 kg is normaal en babas met ’n lae geboortege­wig kan ekstra sorg en aandag nodig hê.

’n Baba se gewig kan ook ’n aanduiding van moontlike gesondheid­sprobleme wees. ’n Buitengewo­on groot baba kan beteken dat ma suikersiek­te het. Hoewel kopgrootte en lengte afhang van jou baba se grootte en gewig, kan ’n abnormale klein of groot kop ’n aanduiding van ’n moontlike probleem wees. Die gemiddelde kopomtrek vir ’n baba van 3,3 kg is sowat 35 cm. ’n Gemiddelde lengte is 50 cm. Jou baba kry nou ook ’n vitamien Kinspuitin­g in haar bobeentjie wat met bloedstoll­ing help. Die vroedvrou sal ’n naambandji­e aan baba se pols (en soms ook die teenoorges­telde enkel) vasmaak sodat daar geen verwarring is oor wie se baba dit is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa