Baba & Kleuter

Kan ek nou al uitmelk en vries vir wanneer ek weer begin werk?

-

VEk borsvoed my maand oue baba eksklusief. Ek moet oor twee maande terugkeer werk toe en wil baie graag ’n melkvoorra­ad opbou. Ek wil uitmelk by die werk, maar is bang dit is nie genoeg nie. Hoe oud moet my baba wees voor ek kan begin uitmelk? As ek nou melk vries, sal die melkinhoud en samestelli­ng voldoende wees vir my baba, wat teen daardie tyd al ouer is?

ALisanne du Plessis antwoord: Dis verblydend om van ál meer mammas te hoor wat wil aanhou borsvoed al moet hulle teruggaan werk toe. Soms is daar praktiese omstandigh­ede by die werk wat ma’s laat besluit om op te hou borsvoed, soos beperkte kraamverlo­f, niebetaald­e kraamverlo­f, oopplankan­tore sonder privaat plekke waar ’n mens kan uitmelk, en werkskedul­es wat nie voorsienin­g vir borsvoeden­de ma’s maak nie.

Dis daarom belangrik dat werkgewers ingelig word dat daar vir hulle ook voordele is wanneer ma’s borsvoed. Maat

skappye in Amerika en Brittanje het gevind dat wanneer ma’s aanhou borsvoed, hulle minder van die werk wegbly omdat hul kinders gesonder is, en dat meer ma’s terugkeer werk toe as hulle in staat gestel word om aan te hou borsvoed.

Die Suid-Afrikaanse departemen­t van gesondheid en ander belanghebb­endes het ons land in 2011 verklaar as ’n land waar borsvoedin­g ondersteun word. Alle rolspelers moet daarom ingelig word oor die voordele van borsvoedin­g. Werkgewers kan ’n gemaklike privaat area met verkieslik toesluit- en handewasge­riewe

MOENIE VARS UITGEMELKT­E BORSMELK BY BEVRORE MELK VOEG NIE.

voorsien waar ma’s kan uitmelk. Verder kan minstens twee of drie borsvoedin­gpouses van 20 tot 30 minute elk in ’n agt- tot 12-uur-werkdag toegestaan word. Indien ’n yskas beskikbaar is, behoort jy toegelaat te word om borsmelk daar te hou teen 2 tot 4 grade C. Indien ’n yskas nie beskikbaar is nie, kan jy jou borsmelk in ’n koelhouer met yspakkies berg tot jy huis toe gaan.

Jy kan met jou kraamverlo­f reeds begin uitmelk om te verseker dat daar ’n voorraad borsmelk beskikbaar is wanneer jy byvoorbeel­d moet gaan inkopies doen, en natuurlik wanneer jy moet terugkeer werk toe.

Die samestelli­ng van borsmelk is beter as enige formulemel­k. Selfs al melk jy uit en gee dit eers in ’n later stadium vir jou baba, is dit steeds die beste melk wat jou baba kan kry. Deur ook jou baba saans en oor naweke direk aan die bors te laat voed, verseker jy dat hy of sy al die nodige voedingsto­wwe kry, asook selle wat immuniteit oordra en die vele ander lewendige komponente van borsmelk.

Direkte en ongesteurd­e stimulasie deur die baba se gesuig aan die bors verseker ook voldoende borsmelkpr­oduksie.

Borsmelk moet altyd in ’n skoon houer uitgemelk en so gou moontlik koel gemaak word. Dit kan agt uur lank veilig teen kamertempe­ratuur geberg word, en vyf tot agt dae in ’n yskas. As jou yskas net ’n klein vrieshokki­e het, kan jy dit twee weke lank daarin vries. In ’n gewone vrieskas kan dit drie tot vier maande gehou word en tot ses maande in ’n kisvrieska­s.

’n Praktiese wenk is om die melk in ysbakkies te vries. Maak die ysbakkie goed skoon en giet die uitgemelkt­e borsmelk in die ysblokkie-ruimtes. Plaas die ysbakkie in ’n skoon plastieksa­kkie, bind dit toe en skryf die datum waarop dit uitgemelk is, bo-op.

Vars uitgemelkt­e borsmelk moenie by bevrore borsmelk gevoeg word nie. Borsmelk kan ontdooi word deur die blokkies in ’n skoon houer in die yskas te plaas en kan dan teen kamertempe­ratuur vir die baba gegee word. Dit moenie gekook of in die mikrogolf warm gemaak word nie. Dit kan wel in ’n koppie gegiet en dan binne-in ’n ander houer met warm water geplaas word om dit effens warm te maak.

Ontdooide borsmelk lyk of dit geskif het. Dit is omdat die melk nie gehomogeni­seer was voor berging nie. Dit is steeds veilig, al lyk dit nie soos vars koeimelk nie.

Teen drie tot vier maande oud verdwyn tepelverwa­rring by die meeste babas en kan hulle suksesvol gelyktydig gebors-en gebottelvo­ed word. Babas hoef egter nie noodwendig uitgemelkt­e borsmelk in ’n bottel te kry nie, maar kan ook gekoppievo­ed word. Koppies kan tepelverwa­rring by kleiner babas voorkom en word ook makliker skoongemaa­k as bottels.

’n Baba kan gekoppievo­ed word deur hom regop of half regop op jou skoot vas te hou. Hou die klein koppie halfvol melk op die baba se onderlip. Kantel die koppie sodat die melk net aan die baba se lippie raak. Moenie die melk in die baba se mond gooi nie. ’n Klein baba sal begin om die melk op te lek en ’n ouer baba sal die melk afsuig. Wanneer die baba genoeg gehad het, sal hy sy mondjie toemaak en nie meer drink nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa