Baba & Kleuter

Apart of saam

-

VEk het ’n tweeling. Hulle is tans nog in die Nicu, maar ek verwag om hulle oor so twee weke huis toe te neem. Wat is die beste raad met ’n tweeling? Moet hulle saam in een kot slaap? Moet hulle in dieselfde kamer slaap maar elk in sy eie kot, of moet hulle eerder heeltemal apart slaap.

APetro Thamm antwoord: Jou pragtige twee kleintjies het vir 9 maande ’n “kamer” gedeel; dit is dus veral in die begin van hul lewe die beste om hulle nog saam te hou. Hulle sal troos vind daarby.

Dit is belangrik om te verstaan dat alle kinders (en grootmense) wakker word in die nag. Wanneer ons oorgaan van een slaapsiklu­s na die volgende, is ons geneig om uit ’n baie ligte slaap amper wakker te word. As ons onderbewus­syn besluit ons is veilig, en dat ons in dieselfde omgewing of omstandigh­ede is as wat ons aan die slaap geraak het, dan gaan jy in ’n volgende slaapsiklu­s oor. Dus moet mens nie bang wees vir babas wat wakker word nie (of wat mekaar wakker maak nie) maar meer fokus daarop om kinders te leer om self aan die slaap te raak indien hulle wakker word.

Aan die begin gaan jou twee bondeltjie­s liefde ook nog baie wakker word in die nag om te drink. Vir jou eie gesondheid sal ek voorstel dat jy beide wakker maak om te drink op dieselfde tyd. Soos hulle ouer word en na een voeding in die nag skuif (gewoonlik op 6 – 12 weke) kan jy hulle los om hul eie ritmes te volg en dus nie inmeng by hulle natuurlike slaappatro­ne nie.

Hulle sal ook gewoond raak aan mekaar se geluidjies en bewegings – net soos jy en jou man dalk aan die begin van julle huwelik gesukkel het om in dieselfde bed te slaap, maar nou heerlik deur die nag sal regkom.

Die beste raad is om nie so bang te wees dat hulle mekaar wakker maak dat jy vir elke geluidjie in die nag opspring nie. Onthou, babas is baie luidrugtig­e slapers. Hulle kan soms selfs ’n harde gil gee in diep fases van slaap – soos ons partykeer praat in ons slaap. Deur jou dan na hul kot te haas en seker te maak hulle is stil, word jý dalk die een wat hul slaap versteur.

Al wanneer ek wel sal voorstel dat jy hulle skei, is gedurende die dag wanneer hulle ouer word en miskien verskillen­de slaapbehoe­ftes het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa