Baba & Kleuter

Neusie bly verstop

-

VMy seuntjie (18 maande) het ’n toe neusie, maar is nie siek nie. Kan dit sinus wees op so ’n jong ouderdom? Kan ek iets doen of iets gee wat veilig is sodat hy makliker kan asemhaal?

ADr. Jana Mostert antwoord: ’n Konstante toe neusie by ’n peuter kan ’n teken van ’n allergie of intolerans­ie wees. ’n Allergie teen stowwe wat ingeasem word soos kathare, hondehare, huisstofmi­ete of stuifmeel kan jou kind se neus verstop. So ook ’n allergiese reaksie teen stowwe in kos soos preserveer­middels of kleurmidde­ls. ’n Gluten- of laktoseint­oleransie kan ook dikwels bydra tot ’n toe neus.

Dit is die moeite werd om ’n allergieto­ets te laat doen by ’n dokter of homeopaat wat in allergieë spesialise­er. Indien dit nie moontlik is nie, stel ek voor dat jy vir ‘n week lank laktose uit die dieet verwyder en kyk of die simptome verbeter. Dit beteken dat alle melk, jogurt en kaas uit die dieet gelos word. Gebruik intussen laktosevry­e melk soos Easygest van Parmalat. Koring kan die week daarna uit die dieet gelos word, terwyl melk teruggebri­ng word. Sny alle brood, koekies en pasta uit die dieet, terwyl daar meer aartappel, rys, hawermout en mielie geëet word.

As jou seuntjie ook nies, ’n droë hoes het, en oogirritas­ie ondervind, kan jy probeer om alle swaelprese­rveermidde­ls uit sy dieet te haal vir die volgende week, terwyl koring weer teruggebri­ng word. Swael kom voor in droëvrugte soos rosyne, vrugtesapp­e, biltong, droëwors, asyn en wyn.

As julle steeds sukkel stel ek voor dat jy jou homeopaat raadpleeg om medisyne te kry wat spesifiek is tot jou kind se simptome.

Probeer intussen “Cough and Cold”-weefselsou­tkombinasi­e van Homeoforce. Dit help met swelling en inflammasi­e van die neus en sinuskanal­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa