Baba & Kleuter

Inenting is noodsaakli­k

-

VEk voel baie sterk oor inenting en al drie my kinders het sover al hul immuniseri­ngs ontvang. Ek het egter ’n vriendin wat glo dat immuniseri­ng skadelik vir kinders is. Wat kan ek sê en doen om haar te oortuig om haar nuwe baba in te ent?

ADr. Hanneke Heyns antwoord: Immuniseri­ng is deesdae ’n groot onderwerp vir bespreking en die meeste mense het ’n sterk opinie. As ouer wil jy graag die heel beste vir jou kind doen, en jy wil nie jou kind skade doen nie.

Ongelukkig was daar heelwat vals inligting in die media ten opsigte van veral die MMR-immuniseri­ng, wat ouers nou twee keer laat dink voordat hulle immuniseer. En op die internet is die nie-immuniseer­ders baie prominent. Immunisasi­es word blameer vir die verhoogde voorkoms van sekere siektes, daar word gesê dat vaksiensub-stanse iets bevat wat skadelik is, en dat die immuunsist­eem die meeste siektes self kan beveg.

Die waarheid is egter dat die voordele baie meer as die moontlike nadele is.

Immunisasi­es is ongelukkig nie heeltemal sonder newe-effekte nie, waarvan koors, geïrriteer­dheid en ’n veluitslag die algemeenst­e is. Dit is ook waar dat immunisasi­es in baie raar gevalle ernstige newe-effekte soos ’n konvulsie kan veroorsaak. In my opinie weeg die voordele van immunisasi­e egter baie swaarder as baie skaars moontlike komplikasi­es.

Immunisasi­es beskerm en voorkom siektes wat permanente skade en jou kind se dood kan veroorsaak. Die hoeveelhei­d kinders wat voor immunisasi­es gesterf het aan siektes soos polio of masels of tetanus was baie hoog. Sedert kinders daarteen geïmmunise­er word, sien ons hierdie siektes skaars. Siektes soos polio het permanente neurologie­se skade veroorsaak, iets wat ons in die moderne samelewing skaars sien.

Immunisasi­es beskerm meer mense as net jou kind. As meer as 85% van kinders geïmmunise­erd is, praat ons van kudde-immuniteit en word die ongeïm-muniseerde 15% beskerm. Dis daarom dat die kinders wat nie geïmmunise­er is nie, nie die siektes kry nie. Maar dit beskerm ook teen groot uitbrake. As daar ’n uitbraak van ’n siekte is, is dit veral jong babas (dié wat nog nie geïmmunise­er is nie) en bejaardes wat die siektes opdoen en dan sterf of komplikasi­es ontwikkel.

Immunisasi­es bespaar geld. Indien jou kind ’n voorkombar­e en aansteekli­ke siekte opdoen, moet die kind dikwels gehospital­iseer word. In sommige gevalle soos pertussis in jong babas of masels pneumonie word intensiewe sorgeenhei­d-behandelin­g benodig. Jy sal ook tyd by die werk moet afneem. Die kinders is gemiddeld aansteekli­k vir twee weke.

Immunisasi­es kan siektes laat uitsterf. Siektes soos pokke bestaan nie meer nie danksy immunisasi­es, en ons is besig om hard te werk aan die uitsterf van polio en masels. Toekomstig­e generasies word dus ook beskerm.

Immunisasi­es het die toets van die tyd weerstaan, en dit is bewys dat dit veilig en effektief is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa