Baba & Kleuter

Die beste van elke wêreld

-

Inamarie erken ruiterlik sy is ’n groot voorstaand­er vir ’n kombinasie van ’n baba- en ouergesent­reerde roetine. “Dit werk uitstekend vir die meeste werkende ouers. Balans en harmonie in die gesin is baie belangrik. As daar in almal se behoeftes voorsien word – baba, ma en pa – verseker dit gesonde gesinne.”

Ida voel ook daar is plek vir buigsaamhe­id. “’n Baba het nie ’n horlosie ingesluk nie en soms kan hy vinniger honger word as elke drie of vier uur, veral as hy in die middel van ’n groeiversn­elling is (gewoonlik op drie weke, ses weke en drie maande). Uiteraard gaan jy dan jou baba meer dikwels voed – maar jy gaan nie jou baba voed elke keer as hy huil nie. Jy neem dus die leiding, maar bly buigsaam.”

Met ’n kombinasie-benadering sal jy in die eerste ses weke op jou baba fokus, hom baie vashou en rustig wees sonder om skuldig te voel, sê Inamarie. “Jy wil en moet dit doen. Leer mekaar ken – so leer jy vinnig tussen die verskillen­de huilgeluid­e onderskei. Voed jou baba gereeld om melkproduk­sie te stabilisee­r.

“Ná vier tot ses weke, wanneer julle mekaar beter ken en verstaan, is dit tog ’n goeie plan om sekere dele van jul daaglikse roetine op dieselfde tyd te probeer skeduleer. Maar bly buigsaam. Jou kleinding leer baie gou dat sekere goed op sekere tye gebeur en dit laat hom rustig en veilig voel.”

Inamarie sê baba leer gou dat hy in die dag meer gereeld gevoed word.

“Maak hom bedags ná omtrent drie uur wakker om te voed, maar los hom in die nag. Voed hom net as hy jou roep. Probeer ’n oggendspee­lroetine en aand-slaaproeti­ne vestig deur hoe jy met baba praat en op hom reageer.”

Wees baie versigtig dat jou baba nie geoorstimu­leer word en te lank wakker bly nie, waarsku albei kenners. “Dan word hy oormoeg en sukkel om te slaap. Wees buigsaam, maar ná omtrent ’n uur tot ’n uur en ’n half is jou jong baba gereed vir ’n slapie,” sê Inamarie.

Ida voeg by dat dagslapies noodsaakli­k is om te sorg dat baba in die nag slaap. So nie, raak hulle “soos die Duracell-hasies en teen vieruur bars ’n chaos los. Dan dink jy jou baba het koliek, maar dis oorstimula­sie weens gebrek aan ’n goeie roetine”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa