Baba & Kleuter

Lizelle se wenke

-

1 Beplan, beplan beplan. Hoe langer voor die tyd jy op jou tema besluit, hoe beter. Dit help jou om die inkopies vir die partytjie oor ’n paar maande te verdeel sodat jy nie al die uitgawes in een maand hoef aan te gaan nie.

2 As jy weet wat jou tema is, kyk eers wat jy reeds in die huis het wat jy kan gebruik voor jy alles gaan koop. Hou plastiekbo­ttels, sakkies en houertjies wat moontlik nuttig kan wees.

3 Hoe vroeër jy op jou tema besluit, hoe meer tyd gee jy jouself om met jou oë ook inkopies te doen. Dan kan jy rustig pryse vergelyk en net koop wat jy regtig nodig het.

4 Pakkies vir huis toe neem bly gewild. Jy kan klein speelgoed insit wat by die tema pas, of jy kan ’n leë sakkie gee sodat elke kind self van die oorskiet lekkergoed op die tafel kan inpak om huis toe te neem. Jy kan selfs van die verjaardag­koek saam stuur huis toe – sorg net dat jy die regte boksies daarvoor het.

5 Hoe kies jy ‘n tema? Vra jou kind! As jy jou kind wil verras, let op waarmee hy die graagste speel, of wat hom opgewonde maak, en laat dié belangstel­ling jou lei. Temas rondom karakters is uit. Maak die tema eerder persoonlik en spesifiek tot jou kind, en dink dan net ‘n oulike naam daarvoor uit.

Lizelle de Kock, eienaar van Organizit Party Styling, het Karlien van Jaarsveld se tweeling se partytjie behartig, en ook Sorina Erasmus se seuntjie s’n. Lizelle se partytjieb­oek, Party Time, word in Julie gepublisee­r en sal in CNA en ander boekwinkel­s te kry wees. Hou haar Facebookbl­ad dop vir meer besonderhe­de. Kontak Lizelle gerus by info@organizit, of besoek haar webtuiste, www.organizit.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa