Baba & Kleuter

Berei peuter voor vir baba

-

VEk is swanger met my tweede kind. Ek het ’n 15 maande oue dogtertjie wat nog nie regtig verstaan dat sy ’n boetie of ’n sussie gaan kry nie. Dit voel vir my of sy nog te klein is om te verstaan. Wat kan ek doen en sê om haar voor te berei op die nuweling se koms?

ALomé Koekemoer antwoord: Die koms van ’n nuwe baba bring baie veranderin­g en dis dus belangrik dat jy al die moontlike doen om hierdie veranderin­g meer geleidelik vir jou dogtertjie te maak. Praat gereeld met haar oor die baba en wat gaan gebeur wanneer die baba hier is. Fokus op die positiewe, soos die feit dat sy ’n nuwe maatjie gaan kry.

Hoeveel detail moet jy verskaf? Laat jou kind se vrae oor babas, swangerska­p en die tyd ná die geboorte jou lei. As jou kind vra waar babas vandaan kom, kan jy dit in eenvoudige terme verduideli­k: “Die baba bly in mamma se maag en wanneer die baba reg is sal hy uit mamma se maag kom en in ons huis kom bly.” Hier is ’n paar ander dinge wat jy kan doen: Wys vir haar foto’s van toe jy haar verwag het en toe sy ’n baba was. Lees boekies wat handel oor hierdie veranderin­g. Kuier gereeld by vriende of familie wat ook babas het. Dit sal haar help om meer gemaklik te raak met babas en om ’n prentjie van babas te begin vorm. Gee vir haar die geleenthei­d om baba te voel beweeg en selfs die hartklop te hoor. Nooi haar om vir baba te sing en met hom te gesels. Gesels met haar oor hoe dinge gaan werk as die baba hier is: waar hy gaan slaap, hoe baie hy sal eet en dat doeke geruil sal moet word. Praat ook oor hoe sy sal kan help. Vermy groot veranderin­ge en die leer van nuwe vaardighed­e soos potjieless­e. As sy na ’n nuwe bed moet trek, doen dit so lank voor die geboorte as moontlik. Praat met haar oor haar rol as ousus. Dit kan help om vir haar ’n realisties­e babapop te koop om haar te leer om saggies met baba te werk. Die belangriks­te: Bring baie gehaltetyd saam met haar deur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa