Baba & Kleuter

Nie lekkergoed gewoond

-

VEk het ’n tweejarige dogtertjie met ’n gesonde eetlus. Sy eet ’n groot verskeiden­heid kossoorte. Ons huisgesin probeer om in die week net gesonde kos te eet, maar gun ons oor naweke ’n soet dingetjie. Die probleem is egter dat sy haar dan daaraan vergryp. Selfs by partytjies is dit asof sy glad nie gewoond is aan lekkergoed nie. Hoe hanteer ek dit? Moet ek meer gereeld lekkergoed gee, maar in klein hoeveelhed­e?

AAnel Kirsten antwoord: Soos alles in die lewe is die geheim balans. Indien jou kind gesond is en ’n gesonde gewig het, sal ’n soet ding af en toe nie seermaak nie.

Na my mening is dit beter om jou kind aan ’n klein hoeveelhei­d bloot te stel, soos dat sy een keer per week ’n lekker ding van haar keuse kan kry.

Suiker in klein hoeveelhed­e kan in sommige gevalle gesonde eetgewoont­es bevorder. Navorsing wys dat ’n teelepel suiker oor veselryke pap soos hawermout ’n groot rol speel om te bepaal of kinders van die pap gaan hou of nie, sonder dat die suiker hul bloedsuike­rvlak betekenisv­ol beïnvloed. Onthou, matigheid is die sleutel.

Ouers moenie net die voedingsom­gewing beheer nie, maar ook vir hul kinders gesonde eetgewoont­es leer sodat die kinders self uiteindeli­k gesonde keuses maak.

Wenke vir kinderpart­ytjies

1 Maak seker jou kind eet ’n gesonde en gebalansee­rde maaltyd voor die partytjie begin. Kinders se eetgedrag word gewoonlik deur honger bepaal. ’n Honger kind gaan meer tyd by die lekkergoed­tafel deurbring pleks daarvan om te speel.

2 Tydens die partytjie sal jou kind eet wat vir haar gegee word. As gesonder opsies aangebied word, sal sy dit eet. As gesonde opsies saam met ongesonde opsies aangebied word, sal kinders outomaties die ongesonde een kies. Dus is dit beter om gesonde eetgoed te gee. Voorbeelde van sulke eetgoed sluit in vrugtesosa­ties, tuisgemaak­te vla, plaatkoeki­es, pannekoek, mini-toebroodji­es, mini-frikkadell­e, mini-souttertji­es, biltong, kaasdrieho­ekies, hoenderrep­ies of -boudjies en tuisgemaak­te springmiel­ies. Die suikerinho­ud van partytjiep­akkies kan verlaag word deur van die lekkers te vervang met ’n speelding of inkleurboe­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa