Baba & Kleuter

Drama met paspoorte

-

VEk wil my kinders (2 en 3) aan die einde van die jaar neem om familie in Brittanje te besoek en ek moet dus om kinderpasp­oorte aansoek doen. Ek is onlangs geskei en my eks wil nie saamwerk nie. Hy weier om die nodige papierwerk te onderteken. Kan ek hom wettiglik dwing om dit te doen, of is dit moontlik om die paspoorte te kry sonder sy toestemmin­g? Ek sal verkies om so min moontlik met hom te onderhande­l.

AMegan Harrington-Johnson

antwoord: Daar is ongelukkig nie ’n vinnige oplossing nie. Dit word ál moeiliker vir kinders om buite die land te reis sonder albei ouers se toestemmin­g.

Om aansoek te doen om ’n kinderpasp­oort is die volgende nodig: As die ouers getroud is, moet die aansoek deur albei onderteken word en die kinders en albei ouers moet by wees wanneer die aansoek by binnelands­e sake ingedien word. As die ouers geskei is, maar die een het geen amptelike toesig oor die kind nie, moet die kinders en albei ouers steeds teenwoordi­g wees wanneer die aansoek ingedien word, en albei moet die aansoek onderteken. As ’n ouer nie opgespoor kan word nie of weier om in te stem, of as daar ’n dispuut ontstaan het oor die saak, behoort die saak na die hof verwys te word. Die hof se beslissing moet dan saam met die aansoek vir die paspoort ingedien word. In ’n onlangse saak het ’n ma aansoek gedoen dat die hof die pa van hul kind dwing om in te stem tot alles wat sy nodig het om vir die kind ’n paspoort te kry. Die ma het aangevoer dat dit in die kind se beste belang is om ’n paspoort te hê sodat sy saam met haar kan reis.

Die hof het in sy beslissing die pa beveel om alle nodige dokumente te onderteken, asook alles te doen wat van hom geverg word sodat die visum uitgereik kan word.

Die hof het ook gesê dat as die pa nie gehoor gee aan die bevel nie, die registrate­ur van die hof gemagtig is om dit namens hom te teken.

So ’n hofsaak is egter nie goedkoop nie en dis moontlik dat jy steeds ander probleme ook op die lyf kan loop weens die nuwe Suid-Afrikaanse Immigrasie­wet wat ’n jaar gelede van krag geword het. Dié wet bepaal dat ouers wat met kinders reis, die kinders se volledige geboortese­rtifikaat moet toon.

As julle getroud was ten tyde van die geboorte, sal die pa se naam outomaties daarop verskyn. As julle ongetroud was, sal die pa se naam daar staan as jy dit toe so gekies het.

As jy alleen met die kinders reis, sal jy ’n verklaring moet verskaf van die ouer wat nie saamreis nie, waarin toestemmin­g gegee word vir daardie spesifieke reis. Dit lyk of die regulasie van Junie vanjaar toegepas gaan word.

Sou jy dus hof toe gaan, moet jy seker maak dat die hofbevel ook die nuwe wet in ag neem sodat jy nie met elke toekomstig­e reis weer met nog aansoeke moet sukkel nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa