Baba & Kleuter

Te vroeg van kot na bed

-

VMy peuter het van sy bed afgerol en sy kop gestamp. Hy het nie ernstig seergekry nie, maar het groot geskrik. Dit is nou ’n groot gedoente om hom in sy eie bed aan die slaap te maak en hy roep ná die voorval gereeld snags na my as hy wakker word. Ek is bang ek het hom dalk te vroeg na sy “grootmensb­ed” geskuif. Hoe weet jy as jou kind gereed is vir sy eie bed? En hoe oorkom ek sy nuwe vrees?

ALizanne du Plessis antwoord: Verskillen­de vrese steek in die kleuterfas­e kop uit. Een daarvan is ’n vrees vir die donker en ’n ander die vrees om alleen gelaat te word. Albei beïnvloed natuurlik die kleuter se slaapgewoo­ntes en -patroon. Soms is dit bloot deel van normale ontwikkeli­ng en sal dit ná ’n paar maande self oorwaai. Anders kan dit as gevolg van veranderin­g in die kleuter se alledaagse omgewing en roetine wees, soos ’n nuwe boetie of sussie, ’n nuwe versorger (by die huis of by die skool), verbouings by die huis of onlangse verhuising.

Kleuters se slaappatro­ne kan natuurlik ook beïnvloed word deur ’n onderligge­nde siekte soos ’n sluimerend­e oorinfeksi­e of naaldwurms. Skakel daardie moontlikhe­id uit met ’n besoek aan jou huisdokter of pediater.

Die eerste stap in hantering van die vrees wat jou kleuter nou ontwikkel het, is om hom met empatie te benader. Verduideli­k dat jy hom gaan help om te leer om in sy grootmensb­ed te slaap, net soos ’n mens moet leer om ’n bal te skop en fiets te ry. Verseker hom dat jy weet hy kan dit doen en herinner hom aan vorige mylpale wat hy al behaal het.

Plaas ’n matras of kussings langs sy bed en los dit bedags en snags daar. Gebruik handpoppe of knuffeldie­rtjies en voer die toneel op, waar een van hulle nou in ’n groot bed slaap en dalk afrol, maar op ’n sagte kussing val en nie seerkry nie.

Maak gebruik van ’n troosvoorw­erp soos ’n knuffeldie­rtjie of kombersie. As jou kleuter in die loop van die dag ongelukkig voel of seerkry, kan jy die voorwerp uitbring om te help troos. Maak dit ook deel van die slaaptydro­etine.

Skakel ’n nagliggie aan wat sal help om vrees vir die donker te verminder.

As hy jou in die nag roep, kan jy na hom toe gaan en hom verseker dat jy by hom is en dat hy maar kan slaap. Aanvanklik sal jy dalk by hom moet lê, daarna kan jy langs sy bed sit en later kan jy hom net ’n soentjie gee en uitloop.

Onthou ook dat jou kleuter se slaapgehal­te beïnvloed word deur wat in die dag gebeur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa