Baba & Kleuter

DIE HEEL EERSTE TOETSE

-

Wanneer dit kom by gehoorsift­ingstoetse is die algemene gevoel onder kenners dat dit nooit te vroeg is vir ’n toets nie, maar dikwels te laat.

Gehoorsift­ingstoetse kort ná geboorte in die hospitaal is nie verpligten­d nie, maar dit word aanbeveel omdat dit ’n betroubare manier is om moontlike gehoorverl­ies vroeg al raak te sien. Die diens word in alle privaat hospitale aangebied, maar jy moet dit versoek en ’n toestemmin­gsbrief onderteken.

Die toets, bekend as oto-akoestiese emissies (OAE), kos sowat R270 en is pynloos.

Dit werk so: ’n Klein rubberprop­pie word in die buitenste oorkanaal geplaas. Die oortjie word dan met sekere klanke gestimulee­r. As ’n baba se gehoor normaal is, sal die buitenste haarselle van sy koglea (of binneoor) sy eie klanke (of emissies) produseer. Die binneoor eggo bloot die klanke terug, wat dan deur ’n sensitiewe mikrofoon in die oorkanaal gemeet word. Die klein toestel wat oudioloë vir OAE’s gebruik sal ná die kort toets een van twee dinge sê: slaag ( pass) of verwys ( refer). Slaag beteken jou kind se gehoor is in hierdie stadium normaal terwyl verdere gehoortoet­se ná ’n “verwys” nodig is. Claudine raai ouers sterk aan om die oudioloog te vra vir die uitslag van die toets.

As jou baba in die neonatale eenheid was of enige ander risiko-faktore soos geelsug, ’n laer Apgar-telling of enige asemhaling­sprobleme tydens geboorte gehad het, word ’n ouditiewe breinstamr­espons- (OBR-) toets ook aanbeveel. Dit behels oorfone op jou kind se kop en elektrodes op sy voorkop. Die masjien wat die oudioloog gebruik sal ook in hierdie geval ’n slaag- of verwys-uitslag uitskop.

As toets 1 onsuksesvo­l was

Die verwys-resultaat met die eerste siftingsto­ets beteken nie noodwendig dat jou baba doof is nie, maar dat verdere toetse gedoen moet word. Babas het soms nog vernix (die wit, taaierige stof waarmee pasgeboren­es bedek is) in hul ore wat kan veroorsaak dat hulle ’n verwys-resultaat kry. “Dit bly egter baie belangrik dat jy jou kind terugneem oudioloog toe vir die opvolg-siftingsto­ets,” sê Claudine. Dit word gewoonlik teen ses weke gedoen.

DIT MOET JY WEET

Ouers moet ’n toestemmin­gsbrief teken voor ’n gehoorsift­ingstoets gedoen kan word. Jy behoort die uitslag en verslag van die siftingsto­ets onmiddelli­k te kry. As die uitslag ’n “verwys” is, kan julle daar en dan ’n afspraak vir ’n opvolgtoet­s te maak. ’n Tweede siftingsto­ets is baie belangrik. ’n Verwysing op ’n tweede siftingsto­ets moet lei tot ’n verwysing na diagnostie­se oudiologie, waar fyner toetse gedoen word om moontlike gehoorgest­remdheid en die graad daarvan te diagnoseer. Daar behoort nie meer as twee siftingsto­etse gedoen te word voor ’n verwysing na diagnostie­se oudiologie nie. Behandelin­g behels onder meer die voorskryf van gehoorappa­rate of kogleêre inplanting­s. ’n Oefenprogr­am sal ook voorgeskry­f word. As ’n oudioloog besorg is oor ’n oorinfeksi­e behoort sy julle te verwys na ’n oor-neus-keelspesia­lis. Kry hier hulp, ouerleidin­g en oefenprogr­amme: Hi Hopes by die Universite­it van die Witwatersr­and in Johannesbu­rg (011-717-3350, www. hihopes.co.za), Carel du Toit-sentrum in Kaapstad (021-938- 5303, careldutoi­t.co.za)

Navorsing wys dat as ’n baba se gehoorverl­ies voor drie maande raakgesien en daar teen ses maande met ingryping begin word, die baba kan leer om dieselfde kommunikas­ievaardigh­ede as kinders met ’n normale gehoor te ontwikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa