Baba & Kleuter

’n Aksieplan

-

1 BEGRYP JOU ROL AS OUER “’n Ouer kan nie sy kind se emosionele intelligen­sie bevorder of ontwikkel as hy dit nie self het nie. Help jouself dus eers hiermee voor jy jou kind probeer help,” sê Ronél.

Sy raai ouers aan om boeke en kursusse oor emosionele intelligen­sie te raadpleeg.

Ronél sê in die eerste 24 maande van ’n kind se lewe is haar ma se emosies vir haar geweldig belangrik.

“Hoewel sy nog geen emosionele beheer het nie, kan sy aanvoel dat mamma geïrriteer­d of gefrustree­rd is. Hoe meer mamma intense gevoelens ervaar, hoe moeiliker kan die baba dalk wees omdat sy kan aanvoel ma is nie haarself nie.

’n Rustige, kalm ouer wat haar eie emosies meestal onder beheer het, het gewoonlik ook ’n rustige peuter.

“’n Peuter op wie heeldag geskree word en wat dikwels pak kry, sal ’n humeurige en ongelukkig­e kindjie wees. Hulle boots die gedrag van die ouer na. ’n Kleuter wat nooit empatie kry nie, sal afknouerig teenoor ander kleuters wees.”

2 MAAK EI DEEL VAN JUL DAG Wees op die uitkyk vir daaglikse situasies waar jy jou kind van verskillen­de emosies bewus kan maak, sê Ronél. Gesels met jou kleuter oor gevoelens en wys haar prentjies van verskillen­de gevoelens. Leer haar hoe dit voel en lyk as ’n mens gelukkig of opgewonde is. Vra haar of sy hartseer of kwaad (basiese gevoelens) is wanneer sy omgekrap lyk. Leer jou kind dat alle gevoelens aanvaarbaa­r is, maar nie alle gedrag nie: Sy mag kwaad voel, maar sy mag nie die kat skop of dinge breek nie. Leer haar om te sê: “Ek mag hartseer voel” en leer haar dan wat aanvaarbar­e maniere is om uiting aan haar hartseer te gee. Wees te alle tye eerlik oor jou eie gevoelens.

3 WYS EMPATIE Empatie behels om jou in te dink in hoe ander mense voel as iets met hulle gebeur, en dis belangrik dat jou kind dit van jou ervaar. Gun dit vir haar en moet nooit haar gevoelens afkraak of ignoreer nie, sê Ronél. “Praat met jou kind oor sekere situasies. As haar troeteldie­r doodgaan, kan jy sê: ‘’n Mens voel baie hartseer as jou katjie doodgaan.” Vermy reaksies soos “Hou nou dadelik op huil! Dit was net ’n kat!” Natuurlik kners ons almal soms op ons tande weens ons peuters se huil- of woedebuie, maar Ronél sê dat ’n mens nie jou kind moet straf as sy gevoelens ervaar nie. “Sê liewer: ‘Ek kan sien jy is nou baie kwaad/hartseer. Kan mamma help met die skoene?’ Of vra: ‘Jy lyk so omgekrap en gooi goed rond. Wat het gebeur?’ Moenie jou kind kielie as sy kwaad of hartseer is nie, en moenie ander toelaat om dit met jou kind te doen nie.”

4 BOU HAAR SELFBEHEER­SING Dis moeilik, want selfs volwassene­s sukkel daarmee, sê Ronél. “Hoe minder ’n kind gefrustree­r word in wat sy wil doen, hoe minder sal selfbeheer­sing nodig wees. Gee jou kind beperkte keuses om woedeuitba­rstings te beperk. Vra of sy eers haar speelgoed wil wegpak of eers wil eet. Vergeet maar jou eie rigiede idees dat speelgoed voor ete weggepak moet wees. Dit veroorsaak net ’n magstryd. ’n Gefrustree­rde kind het meer woedeuitba­rstings. Vra jou af of dit regtig so belangrik is dat al die speelgoed opgetel moet wees aan die einde van die dag wanneer almal moeg en vaak is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa