Baba & Kleuter

Kribbel kribbel krabbel

Dis fassineren­d om te sien hoe jou kind se teken- en skryfvermo­ë van babatyd tot skooltyd ontwikkel.

- DEUR SUSANNE HUGO Susanne Hugo is ’n arbeidster­apeut by Myslimkind. Gaan na www.myslimkind.com en www.mysmartkid.com of bel 0861-555-224 as jy nog inligting nodig het.

Voor jou kleintjie kan teken, inkleur of skryf, sal hy eers sekere vaardighed­e moet leer en ontwikkel. Dit sluit die volgende in: knypgreep, onderskeid tussen linker- en regterkant, handmanipu­lering, vinger-isolering, hand-oog-koördinasi­e, fyn motoriese beheer (gebruik van klein spiertjies in die vingers) sowel as groot motoriese beheer (die groter spiere in veral die skouers), kruising van die middellyn, bilaterale koördinasi­e en visuele persepsie. Hier is die mylpale waarvoor jy op die uitkyk kan wees.

KLEIN BABA In hul eerste jaar gebruik babas hul handjies meestal om dinge rond te gooi of in hul mond te druk en goed uitmekaar te haal of te slaan. Dis alles deel van die ontwikkeli­ngsproses en noodsaakli­k om al die nodige vaardighed­e te verbeter.

DIE TWEEDE JAAR Die meeste peuters begin om te krabbel sodra hulle ’n vetkryt in die hande kry – teen ongeveer een jaar oud. Hulle hou die kryt in hul vuis vas met die duim aan die teenoorges­telde kant as die skryfpunt. Hulle begin nou ook om voorwerpe met hul hande te manipuleer.

DIE DERDE JAAR Teen omtrent twee sal jou kleinding se tekenvaard­ighede verbeter en sal hy lyne probeer teken. As jy ’n sirkel of vertikale lyne vir hom demonstree­r, behoort hy dit te kan nateken. Namate sy handfunksi­e verbeter, hou hy die kryt nader aan die skryfpunt vas met sy duim, wys- en middelving­er. Pleks van sy skouerspie­re begin hy nou sy elmboog gebruik wanneer hy teken.

OP DRIE ’n Jaar later het sy tekenvaard­ighede in so ’n mate verbeter dat jou klein kunstenaar­tjie vertikale en horisontal­e strepe, sirkels en plustekens kan prakseer. Hy hou die kryt of potlood nou met die duim en eerste twee vingers naby aan die skryfpunt vas, maar dit pas tussen sy duim en wysvinger. Hy het goeie beheer van skryfinstr­umente en begin eenvoudige prente inkleur, al bly hy steeds nie tussen die lyne nie.

SES MAANDE LATER sal jy jou kind kan leer om sy naam na te trek nadat jy dit geskryf het.

OP VIER Teen die ouderdom van vier bemeester jou kind die potloodgre­ep en gebruik hy vinger- en gewrigbewe­gings wanneer hy teken of inkleur. Met sy verbeterde tekenvermo­ë kan hy nou sirkels, vierkante, reghoeke en selfs ’n lyn tussen twee ander strepe trek.

VAN OMTRENT VIER EN

’N HALF gebruik jou kind vingerbewe­gings terwyl hy teken, inkleur of skryf. Hy kan nou ook die blad met sy ander hand stut en een of twee van sy naamletter­s skryf. Hy kan ook meer akkuraat inkleur.

OP VYF Ná sy vyfde verjaardag kan hy binne die lyne bly wanneer hy inkleur en kan hy met goeie beheer teken en skryf. In die loop van dié jaar leer kinders gewoonlik om hul eie naam te skryf (afhangend van die lengte en ingewikkel­dheid, natuurlik) en begin hulle ook syfers en letters skryf. Moenie volmaakte letters verwag nie – dis heel normaal dat hulle sommige letters omgekeerd skryf.

SKOOL TOE Teen ses kan jy jou kind leer om sy naam en van te skryf en al die basiese vorms soos sirkels, vierkante, reghoeke, driehoeke en plustekens te trek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa