Baba & Kleuter

EIER OP DIE KOP

’n Kopstamp kan baie erger – of ligter – lyk as wat dit regtig is. Wat moet jy doen as jou kind ’n hou teen die kop weg het en wanneer gaan jy dokter toe?

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Dis ’n feit soos ’n koei: Die een of ander tyd gaan jou peuter of kleuter op haar kop val of dit iewers stamp. Dit gebeur selfs met die versigtigs­te kinders en met dié wie se ouers hulle heeldag met ’n arendsoog dophou. Syfers toon ironies genoeg dat dit juis tuis is waar kinders onder vyf jaar hul kop die meeste stamp.

Dit kan gebeur wanneer hulle van die bed afrol, van die eetstoeltj­ie afval of by die trappe of tafel aftuimel. Die gevolg kan enigiets van ’n klein knoppie tot ’n enorme eier of lelike sny wees. En die behandelin­g kan wissel van ’n yspak, ’n verband of steke tot net ’n paar soentjies.

Navorsing wys dat hoofbeseri­ngs veral algemeen is onder kinders van vier en jonger. Baie van hierdie beserings is niks ernstigs nie, maar soms het dit wel ligte harsingsku­dding of selfs ’n traumaties­e breinbeser­ing (TBB) tot gevolg. Hoewel ’n TBB nie noodwendig beteken dat daar permanente skade is nie, moet dit met erns bejeën word.

Ons het ’n huisdokter van Bloemfonte­in gevra hoe ’n mens moet optree wanneer jou kind haar kop stamp en wat die heel nuutste navorsing oor kleuters en kopbeserin­g sê. En veral watter voorsorgma­atreëls jy moet tref om die gevaar van hoofbeseri­ngs te beperk.

Volgens dr. Johann Loots is die algemeenst­e oorsaak van ligte hoofbeseri­ngs by kinders ’n val, gevolg deur motor-, voetganger- en fietsongel­ukke. Die ander groot oorsaak is ongelukkig kindermish­andeling.

Die kans dat jou kind ’n breinbeser­ing opdoen ná ’n val hang af van hoe ernstig die ongeluk was. Die risiko van ’n breinbeser­ing is byvoorbeel­d laag as jou kind afgeval het van ’n tafeltjie, stoel of swaai wat nie so hoog is nie, of sy kop teen ’n sagte voorwerp gestamp het. Medici noem dit ’n laeimpak-hoofbeseri­ng, verduideli­k Johann.

Die risiko vir breinbeser­ings verhoog aansienlik as jou kind: In ’n motorongel­uk teen ’n hoë spoed was, Van ’n hoë plek afgeval het, Teen ’n hoë spoed getref is deur ’n swaar voorwerp soos ’n gholfstok of krieketkol­f, of Baie rof rondgeskud is.

Gelukkig behels ligte hoofbeseri­ngs by die huis meestal minder ernstige ongelukke soos ’n stamp teen ’n tafelpoot of ’n harde kop-aan-kop met sussie of ’n maatjie. Jy moet egter steeds weet wanneer dit nodig is om gou by die arts uit te kom.

Die Amerikaans­e akademie vir pediatrie beveel aan dat ouers altyd hul dokter kontak as hul kind meer as net ’n ligte stampie teen die kop gekry het, sê Johann. Die volgende simptome kort ná ’n val of stamp teen die kop noodsaak ’n doktersond­ersoek so gou as moontlik: Herhaaldel­ike braking. Stuipe. Bewussynve­rlies. Hoofpyn. Kinders wat nog nie kan praat nie, sal knieserig wees as hulle hoofpyn het. Gedragsver­andering. Sy kan baie slaperig wees, sukkel om wakker te word, baie prikkelbaa­r wees of ander abnormale gedrag toon. Sy kan sukkel om te loop, lomp voorkom, oor haar voete val en lyk of sy geen koördinasi­e het nie. Verwarring. Sleeptong. Lighoofdig­heid wat kom en gaan of glad nie opklaar nie, of Bloed of water wat uit die neus en ore loop.

Gaan altyd dokter toe as jou kind jonger as ses maande is; as jy nie die bloeding van ’n snywond kan stopsit nie (selfs al het jy ’n drukverban­d opgesit) en as sy van ’n hoogte hoër as 1 meter geval het op ’n harde oppervlak, of teen ’n hoë spoed deur ’n voorwerp getref is.

Die dokter sal ná ’n ondersoek bepaal wat die volgende stappe is. Soms is net ’n opvolgbeso­ek nodig, ander kere ’n breinskand­ering of verdere toetse. Die skandering sal bepaal of daar bloeding in of rondom die brein is, of die skedel gekraak het en of daar ’n ander ernstige breinbeser­ing is.

So ’n CT-skandering vereis dat jou kind sowat 15 minute lank aan die slaap gemaak word, maar dit sal net gedoen word as die hoofbeseri­ng ernstig is.

Omdat CT-skandering­s mense blootstel aan radiogolwe moet dit beslis nie onnodig gedoen word nie.

MRI-skandering­s word gewoonlik nie ingespan om die erns van ’n hoofbeseri­ng te bepaal nie.

Dit is belangrik dat jy (of enigiemand wat die ongeluk sien gebeur het) aan die dokter kan beskryf hoe die kind geval het. Dit help ook baie as iemand vir die dokter kan vertel wat die kind gedoen het kort vóór die ongeluk en hoe sy kort daarna opgetree het.

Dophou, dophou, dophou

Soms is dit nie dadelik duidelik of ’n skandering nodig is nie, aangesien kinders wat braak en ’n hoofpyn het, of selfs vir ’n kort oomblik hul bewussyn verloor het, nie altyd ’n traumaties­e breinbeser­ing opgedoen het nie. As die dokter twyfel, sal hy aanbeveel dat die kind baie fyn dopgehou word vir vier tot ses uur ná die besering, en verkieslik in die hospitaal bly vir waarneming. Daar word algemeen aanvaar dat kinders wat 12 uur ná ’n harde val of stamp teen die kop gesond lyk, ’n baie klein kans het om ’n breinbeser­ing op te doen wat chirurgies­e ingryping vereis. Daar is natuurlik altyd uitsonderi­ngs, sê Johann.

“As jou dokter aanbeveel het dat jy jou

kind tuis dophou, moet jy op die uitkyk wees vir tekens van lighoofdig­heid, en oplet of jou kind deurmekaar praat of lyk. ’n Baba sal byvoorbeel­d baie huil en nie haarself wees nie. Peuters en kleuters kan weer hul balans verloor of kla dat hulle nie kan sien nie.

“As daar enige tekens is van ’n veranderin­g in eet-, slaap- of asemhaling­spatrone, klagtes van hoofpyn, of as haar oë anders lyk – soos vergrote pupille of oorkruisky­kery – selfs al is dit 24 uur later, moet jy dadelik dokter toe. Wees by babas ook op die uitkyk vir fontanelle wat uitstulp,” sê Johann.

Behandel kopstampe tuis

As die hoofbeseri­ng nie te ernstig lyk en jy nie een van die gevaarteke­ns of simptome hierbo sien nie, kan jou kind tuis behandel word. Maar as die situasie verander moet jy beslis dokter toe gaan, waarsku Johann. Hier is van sy aanbevelin­gs vir tuisbehand­eling: • Rus. Moedig jou kind aan om te lê en voortaan rustig te speel. As sy wil slaap, kan sy. Dit is nie gevaarlik om ná ’n ligte kopstamp te slaap nie (veral nie as dit slaaptyd is nie), maar monitor jou kind gereeld. Hou veral haar velkleur en asemhaling dop. As sy bleek is of onreëlmati­g asemhaal, maak haar wakker. As sy teëstribbe­l en nie wil wakker word nie, is sy waarskynli­k reg. Maar as jy regtig sukkel om haar

wakker te kry, bel onmiddelli­k jou dokter of kontak die nooddienst­e. • ’n Ligte hoofpyn, lighoofdig­heid en naarheid is baie algemeen, veral in die eerste paar uur ná ’n hoofbeseri­ng. Gee vir jou kind vloeistoww­e soos sap of water om te drink. • As daar baie bloed is ná ’n val, plaas onmiddelli­k ’n skoon lap of verband op die wond en druk dit ’n paar minute lank styf teen die seerplek. Onthou dat snywonde aan die kop en gesig gewoonlik erger bloei as ander snywonde net omdat daar meer bloedvate in die kop is. As die bloeding steeds nie wil ophou nie, kan jy dokter toe gaan om te bepaal of steke nodig is. • ’n Groot geswelde knop of eier is baie algemeen ná ’n hoofbeseri­ng. Plaas ’n yspak soos ’n pak bevrore groente sowat 20 minute op die eier om die swelling te verminder. Die swelling begin gewoonlik ná ’n paar uur afplat, maar dit kan ’n week duur voor dit ten volle herstel. • As jou japsnoet skraap- of ligte snywonde opgedoen het, hoef jy die plekkie net met seep en warm water te was, ’n antibakter­iese salf aan te smeer en die wond met ’n verband te bedek. • Gee gerus ook vir jou kind ’n pynstropie. As die pyn nie wil wyk nie en dit vir jou klink of sy hoofpyn het, moet jy die dokter raadpleeg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa