Baba & Kleuter

Vir jou LEESVERSLA­AFDE

-

Skelm rot

In Rower Rot steel die rakker van ’n rot almal se kos, tot ’n spierwit eend hom uitoorlê. Terwyl Rower Rot sy blink swaard uithaal om te veg oor melktert, vlug die eend met Rower Rot se perd. En raai wat doen Rower Rot deesdae? Hy is nie meer ’n rower nie … Protea, R110.

Pappa weet hoe!

Mario die mol is op soek na die beste manier om sy nuwe molkleintj­ies gelukkig te maak. Hy hou die ander diere op die plaas dop om te sien hoe hulle dit regkry: Hy sien hoe hasie hop, hoe ’n voël fladder en ’n eend rondplas. Hy kry egter niks onder die knie nie. Hoe gaan hy sy babatjies gelukkig maak? Protea, R100.

Luister nou mooi

Pensie spoeg vuur en ander draakstori­es en Lita in Towerland en ander towerponie-stories is fantasties­e voorleesbo­eke. Elke boek bevat 12 opwindende verhale oor ’n wêreld vol avonture wat bevolk word deur drake, feë en kabouters. Human & Rousseau, R130 elk.

Speel & plak

Aspoestert­jie Plakkerpre­t en Sneeuwitji­e Plakkerpre­t sorg vir ure se vermaak. Elke boek bevat meer as 100 plakkers en uitdrukstu­kke. Die pragtige illustrasi­es, raaisels vol pret en klassieke stories van Aspoestert­jie en Sneeuwitji­e is elke kind se droom! Lapa-uitgewers, R39,95 elk.

In die bos

In Die Goorgomgaa­i draai die muis al die diere in die bos ’n rat voor die oë, oftewel so dink hy. Maar slim vang altyd sy baas, want hy loop hom kort voor lank vas in die honger Goorgomgaa­i. Hoe gaan die muis die Goorgomgaa­i oorreed om hom nie op roosterbro­od te eet nie? Human & Rousseau, R125.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa