Baba & Kleuter

LEUENS DEUR DIE JARE

-

Ouderdom het beslis ’n invloed op die soort leuens wat kinders vertel. Baie jong kinders kan nie tussen fantasie en werklikhei­d onderskei nie en sal lekker wolhaarsto­ries vertel. Eintlik dui dit net op ’n sterk verbeeldin­g. Hulle vergeet ook baie vinnig. ’n Kind van twee wat iets ontken terwyl jy weet sy het dit gedoen, het heel waarskynli­k werklik daarvan vergeet. Maar van so vyf af begin die gewete ontwikkel ...

5 tot 6 jaar

Van omtrent vyf jaar af kan kinders beter tussen fantasie en werklikhei­d onderskei. Hul gewete begin ontwikkel en daarom verstaan hulle dat sekere optredes hul ouers dalk sal teleurstel. Hulle begin skuldig voel oor dinge wat hulle verkeerd gedoen het. Dis wanneer ’n kind ’n leuen sal vertel bloot om straf of sy ouers se misnoeë vry te spring. Andersins kan hy begin jok of geweldig oordryf om sy ouers se aandag te kry. As hy jok oor sy prestasies moet jy ’n bietjie nadink ... koester jy dalk baie hoë verwagting­e van hom? Laat jy ruimte vir foute en onvolmaakt­heid? Hy jok dalk net om in jou guns te kom.

7 tot 8 jaar

Teen sewe of agt jaar kan meeste kinders baie duidelik tussen fantasie en werklikhei­d onderskei. Jy kan maar van hulle verwag om die waarheid te praat. Dié outjies jok meestal om straf vry te spring, of om iets onaangenaa­ms te vermy.

Hulle begin ook wit leuentjies vertel net om beleef te wees. Hulle sal vir ouma sê hulle hou van die gebreide truitjie al is dit vir hulle lelik, of hulle sal ’n pluimpie gee en dit nie bedoel nie. Soms vertel hulle ook leuens om ’n maatjie se onthalwe. Kinders wat regtig oorweldig voel deur die druk wat hul ouers op hulle plaas, sal ook jok. Dis wanneer skoolsiek ook kan kop uitsteek. Wat kan ouers doen? Jy is jou kind se belangriks­te rolmodel. Maak dus seker jy stel ’n goeie voorbeeld. Gesels ook dikwels oor hoe belangrik eerlikheid in die huis en wyer gemeenskap is.

Rolspeel ’n paar situasies met hulle waarin hulle dalk sou wou jok, en bespreek ander oplossings as jok.

Dink mooi oor watter wit leuentjies in jul huis aanvaarbaa­r is. Vra julle soms die kinders om oor hul ouderdom te jok om afslag te kry op toegangsge­ld? Of moet jou kind soms oor die telefoon jok en sê dat jy nie tuis is nie?

As jou kind jou betrap waar jy jok, moet jy jou fout erken, maak nie saak hoe ’n goeie rede jy vir die leuen gehad het nie.

As jou kind se leuens ’n patroon vorm en hy oor baie belangrike dinge jok, of as hy teen alle rede in voet by stuk hou, kan jy dit oorweeg om ’n sielkundig­e te raadpleeg, veral as die leuens gepaardgaa­n met ander onaanvaarb­are gedrag soos woedebuie of sosiale probleme.

STEL ’N GOEIE VOORBEELD EN WEES BAIE VERSIGTIG OOR WAT ’N WIT LEUENTJIE

IS EN WAT NIE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa