Baba & Kleuter

STEROÏEDIN­SPUITING VIR LONGE

-

Ek verwag my eerste kind. Daar is egter komplikasi­es en die ginekoloog het gepraat van ’n steroïed-inspuiting wat ek met die volgende ondersoek moet kry omdat dit lyk of ek vroeg gaan kraam. Wat is dit?

DR. JP DU BUISSON ANTWOORD:

Ek is jammer om te hoor van die komplikasi­es wat jy beleef. Die steroïed-inspuiting word gegee om te help sorg dat jou baba se longetjies vinniger volwasse raak. Dit kan tussen 24 en 35 weke toegedien word indien daar ’n vermoede is dat die baba weens komplikasi­es voortydig verlos sal moet word.

Dit bestaan gewoonlik uit twee inspuiting­s wat 24 uur uitmekaar binnespier­s toegedien word. Die inspuiting se maksimum uitwerking vind plaas binne 48 uur ná die eerste inspuiting, maar dit begin reeds dadelik ’n verskil maak. Die voordeel vir die baba duur tot sewe dae ná die laaste inspuiting. Dit help nie net om die longetjies vroeg ryp te maak nie, maar ook om ’n breinbloed­ing te voorkom, asook ’n dermtoesta­nd wat vroeggebor­e babas kan kry wat nekrotiser­ende enterokoli­tis genoem word. Nog ’n dosis kan toegedien word as daar meer as sewe dae ná die laaste inspuiting verloop het en dit duidelik is dat verlossing nou net om die draai lê. In hierdie omstandigh­ede hou dit ’n voordeel in vir jou baba en geen nadeel vir jou nie. Sterkte met die pad vorentoe.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa