Baba & Kleuter

IS WARE DIT DIE JAKOB?

Jy wil nie te vroeg hospitaal toe gaan nie, maar jy wil ook nie hê jou baba moet langs die pad gebore word nie. Hoe weet jy jou kraam is nou in volle swang, en dis nie ’n vals alarm nie?

-

Dis natuurlik om verward te voel oor die aanvang van jou kraamtyd – selfs met ’n tweede swangerska­p. Heelwat vroue sukkel om te onderskei tussen ware kraam en vals kraam, maar gelukkig is daar min van hulle wat nie betyds by die hospitaal uitkom nie.

As die sametrekki­ngs wat jy ervaar intens genoeg is dat jy asemhaling­stegnieke moet toepas om dit te hanteer, gaan jy beslis wonder of dit die ware Jakob is. Hoe kan jy verseker weet?

VALS KRAAM

Die kontraksie­s wat jy voel is nie werklik vals nie. Jy voel hulle werklik en dit kan erg ongemaklik wees. Die woord “vals” verwys eerder na die feit dat die kontraksie­s niks doen om jou serviks oop te maak en die geboorte aan die gang te kry nie.

Dit kan baie ontmoedige­nd wees om te hoor jy is in “vals kraam” en dus het dokters begin om eerder te sê dat jy voorkraamk­ontraksies het, of opwarm-kontraksie­s. Die kontraksie­s help jou liggaam om voor te berei op die regte kontraksie­s wat nog kom.

Ontwaterin­g, blaasontst­eking en uitputting kan ook sterk kontraksie­s veroorsaak wat baie soos ware kraam kan voel.

HOE GAAN JY WEET?

Daar is nie ’n stel absolute reëls wat jou gaan help onderskei nie, maar daar is ’n paar algemene verskille tussen ware kraam en vals kraam wat jou kan help om te weet wat aangaan. Hou net in gedagte dat dié algemene verskille vir die meeste vroue geld, maar nie noodwendig vir alle vroue nie. Vir baie vroue is vals kraam so intens dat alles vir hulle daarop dui dat hulle werklik aan die kraam is, en vir ander verloop ware kraam glad nie volgens patroon nie, wat hulle weer laat dink dat dit ’n vals alarm is.

Die enigste manier om heeltemal seker te wees, is om jou deur jou vroedvrou of dokter te laat ondersoek.

GAAN SO TE WERK

Bel die kraamsaal eers voor jy sommer jou tas gryp en daar aankom. Wees bereid om presies te beskryf hoe lank jou kontraksie­s duur en hoe gereeld hulle voorkom. Laat hulle ook weet as jy enige ander simptome het, soos vloeistof wat uit jou • Die kontraksie­s is ongereeld en gaan weg wanneer jy lê of rondloop. Dit neem nie toe in duur of frekwensie nie. Die oorsaak is moontlik ontwaterin­g of dat jy jou ’n bietjie ooreis het. • Jou kontraksie­s gaan weg wanneer jy van posisie verander of twee groot glase vloeistof drink. Dit kan ’n teken van blaasinfek­sie wees. • Die pyn is laag in jou buik of die middel van jou rug eerder as jou onderrug – dit kan ook op ’n blaasinfek­sie dui. • Jy het geen afskeiding nie, of ’n bruinerige afskeiding. Dit kan die gevolg wees van ’n vroeëre interne ondersoek of seks in die 48 uur vooraf. • Jy kan nog ’n gesprek voer en maklik dinge soos jou ID-nommer onthou. Dit dui daarop dat jou gemoed nog nie oorgeskake­l het na ’n kraamgemoe­d nie. • Dowwe rugpyn wat kom en gaan dui

ook nie op ware kraam nie. vagina lek, ’n slymprop of bloed.

As jy deur ’n kontraksie met hulle praat, moet dit nie onderspeel nie. Die dokter of vroedvrou wil vasstel of jy aktief in kraam is. As daar enige onsekerhei­d is, sal hulle jou intern ondersoek en aan ’n fetale hartmonito­r koppel om die vordering dop te hou. As jy ’n keisersnee beplan het en jy vermoed jy is in kraam, moet jy dadelik kraamsaal toe gaan. As jy werklik in kraam is, sal jou dokter onmiddelli­k ontbied word. • Jou kontraksie­s geskied volgens ’n gereelde patroon, duur voort en word geleidelik sterker, langer en meer gereeld. • Jou kontraksie­s raak meer intens as jy aktief is en verander nie wanneer jy van posisie verander of twee glase vloeistof drink nie. • Die pyn begin in jou onderrug en versprei dan na jou buik en die bokant van jou bene. • Daar is ’n slymprop wat pienk is of bloedstrep­e in het. Dis die slym wat jou serviks tydens swangerska­p verseël het. • Jou water breek. • Jy ontken dat jy in kraam is, selfs wan

neer jy duidelik ongemaklik is. • Tydens ware kraam begin ’n vrou merkbaar anders optree. Sy word stil of baie afgetrokke tydens ’n kontraksie. • Daar is drie tot vier kontraksie­s elke

10 minute. • Diarree wat met ander van die tekens

hierbo gekombinee­r word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa