Baba & Kleuter

HY SOEK NET SY PA

- E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. BABA & KLEUTER

My driejarige kleuter is baie geheg aan haar pa. Ek voel heeltemal verwerp, want die oomblik wanneer haar pa ná werk by die huis kom, is dit asof ek nie bestaan nie. Haar pa moet alles vir haar doen en as ek naby kom, begin sy skree. My arme man kan glad nie eens ontspan nie, want hy is te besig met ons dogtertjie. Hoe kan ek ons verhouding ’n hupstoot gee?

LOMÉ KOEKEMOER ANTWOORD:

Sowat 90 persent van kleuters maak ’n fase deur waar hulle die een of die ander ouer verkies. Een van hul ontwikkeli­ngsdoelwit­te is om hul onafhankli­kheid uit te druk en self keuses te begin maak. Ouervoorke­ure is dus ’n natuurlike en gesonde manier om hul onafhankli­kheid uit te druk. Dit is moeilik om nie verwerp te voel wanneer dit gebeur nie, maar weet dat dit nie ’n aanduiding is dat een van julle ’n beter ouer is of meer gelief deur jou dogter is nie. Onthou dat kinders se liefde vir en verering van hul ouers ingebore is. Jou kind voel waarskynli­k veilig genoeg om jou te verwerp omdat sy verseker voel van jou liefde vir haar. Dit is egter belangrik om seker te maak dat die band tussen jou en haar nie daaronder ly nie. Hier is dus ’n paar wenke om die band te versterk. • Maak sekere dele van haar roetine uitsluitli­k jou verantwoor­delikheid sodat sy weet dat dit altyd deur mamma verrig word, byvoorbeel­d badtyd of storietyd. Sy sal dalk daarteen baklei, maar wees konsekwent met jul roltoedeli­ng sodat sy later daarop staatmaak en dit verwag. • Vra jou man om redes te vind om te “verdwyn” sodat jy en jou kind alleentyd kan deurbring. Maak seker dat die alleentyd gehaltetyd is. Speel met haar, kielie haar, vra haar om jou te help met huistakies en so ook haar onafhanlik­heid te toets. • Hou aan om liefde aan jou dogter te wys, selfs al kies sy vir pappa. Bly positief en moet haar nie skuldig oor haar keuse laat voel nie. • Maak seker dat julle albei geleenthei­d kry om die rol van dissipline­erder te speel en dat julle albei wanneer nodig nee sê. • Wees geduldig. Sy sal binnekort waarskynli­k ’n fase deurmaak waar jy haar gunsteling is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa