Baba & Kleuter

Desember-babas en die groot skool

Jou kind verjaar in Desember. Gaan jy hom terughou om weer in Graad 0 te wees of is hy gereed vir die uitdagings van graad 1?

- BABA & KLEUTER DEUR LIBBIE JOUBERT

Die Suid-Afrikaanse Skolewet bepaal dat ’n kind skool toe moet gaan in die jaar waarin hy sewe word. Maar as jou kind in Desember sewe word, is hy byna ’n jaar jonger as die kinders wat in Januarie verjaar. Kinders se vaardighed­e neem op dié ouderdom geweldig vinnig toe, wat beteken dat jou kind ’n agterstand kan hê.

Skoolhoofd­e en kenners beveel ouers van Desember-babas aan om ’n skoolgeree­dheidstoet­s te laat doen. So maak jy seker jou kind is fisiek, intellektu­eel en ook emosioneel gereed vir die groot stap.

ELKE KIND IS UNIEK

’n Goeie graad 0onderwyse­res

wat jou kind al byna ’n jaar

lank ken, sal weet of hy gereed is of nie. Dit is gewoonlik beter om langer te wag as om jou Desember-kind graad 1 toe te stuur voor hy heeltemal gereed is. Desemberki­nders kan hulleself gewoonlik handhaaf, want hulle het die nodige intelligen­sie. Maar hulle kan baie dinge net soveel beter bemeester as hulle dit eers ’n jaar later doen.

Dit is egter belangrik om te onthou dat ’n mens nie moet veralgemee­n nie. Daar is wel kinders wat in Desember verjaar wat al hulle klasmaats uitgestof het. Dié kinders is in alle opsigte gereed.

Hoe later in die jaar jou kind verjaar, hoe belangrike­r is dit dat jy seker maak hy is akademies skoolgeree­d. As hy dit nie is nie, behoort jy hom terug te hou.

Emosionele gereedheid is selfs nog belangrike­r, want skoolgaan is deesdae baie veeleisend.

Jou kind moenie bang wees om skool toe te gaan nie. Leer is moeilik wanneer ’n kind bang is.

DIE PROBLEEM VAN VERVELING

Ouers se grootste vrees wanneer hulle hul kind terughou, is dat hy verveeld gaan wees wanneer hy uiteindeli­k in graad 1 kom.

As jy ’n kind terughou wat eintlik gereed is, kan jy vind dat hy in die helfte van die graad 0-jaar nie meer in die skool wil wees nie.

Dit is ook soms vir kinders in graad 0 baie swaar wanneer al hul maatjies skoolklere kry en die ope dag gaan bywoon. Aan die ander kant moet ’n mens onthou dit help nie jy stuur jou kind graad 1 toe en op die ou end sukkel hy die hele jaar deur nie.

In uiterste gevalle is daar kinders wat al so gesukkel het dat hulle ná ’n paar maande terug kleutersko­ol toe is. Dit is glad nie lekker vir so ’n kind nie en hulle voel hulle gaan terug want hulle was nie slim genoeg nie.

Nog ’n voordeel van ’n jaar wag is dat jou kind dan fisiek groter is en nie altyd die kortste, kleinste outjie in die klas is nie – iets wat vir sommige seuntjies belangrik kan wees.

DIE SPORTKWESS­IE

Baie ouers is bekommerd dat kinders wat teruggehou word, uiteindeli­k saam met ouer kinders sal moet sport doen.

AS JY JOU KIND TERUGHOU

• Maak seker jy behandel onderligge­nde probleme, anders is jou kind aan die einde van die volgende jaar dalk steeds nie skoolgeree­d nie. • Kyk of jy jou kind na ’n ander graad 0-klassie kan skuif sodat hy voel hy vorder. Dit kan in dieselfde skool wees, of die graad 0 by die laerskool. • Help hom om negatiewe gevoelens

oor sy agterblyer­y te hanteer.

AS JY HOM SKOOL TOE STUUR

• Behou goeie kontak met die onderwyser­es, veral in die eerste drie maande sodat jy hom met enige probleme kan help. • Wees realisties en onthou dat hy fisiek en emosioneel ’n bietjie jonger is as sommige van sy klasmaats.

Dit het ’n sosiale invloed, want dis nie vir die kind lekker om saam met ’n ouer klas sport te doen nie.

HOE BESLUIT JY?

Die beste beginpunt is om met jou kind se graad 0-onderwyser­es te gesels, gewoonlik tussen Augustus en Oktober.

’n Goeie graad 0-onderwyser­es wat die kind al byna ’n jaar lank ken, sal weet of hy gereed is of nie. Sy rapport sal ook vir jou ’n aanduiding gee. As daar baie dinge is wat hy nie kan doen nie, is daar duidelik ’n probleem.

As jy steeds twyfel, klop aan by ’n opvoedkund­ige sielkundig­e. So iemand is ’n goeie opsie omdat hy of sy jou ’n aanduiding kan gee of jou kind in alle opsigte vir graad 1 gereed is. Hulle kan ook vir jou raad gee om jou kind se skoolgeree­dheid verder te stimuleer.

Elke aspek van skoolgeree­dheid is belangrik. Maar as jou kind se hele rapport uitstekend is, behalwe vir een faset, beteken dit nie jy moet hom terughou nie – skenk eerder aandag aan daardie spesifieke area.

As jy twyfel, laat doen ’n skoolgeree­dheidstoet­s.

Let ook op na tekens van emosionele gereedheid. Duidelike tekens dat jou kind dalk emosioneel nie gereed is nie, sluit in dat hy maklik in trane uitbars, nie in die kleutersko­ol na ’n ander klassie wil skuif nie, huil as jy nie daar is nie of baie afhanklik van die juffrou is.

Sorg ook dat jy hulp kry as jy agterkom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa