Baba & Kleuter

Wwaarrmme, r, KATAR

Nicolene Smith (36) en haar man, Anthony (36), woon saam met hul seuntjie, Nathan (6), en dogtertjie, Aiden (3), in Katar in die Midde- Ooste.

- BABA & KLEUTER

‘My kind, jy’t die hele wêreld om vir jou ’n droomprins te soek!’’ My en my man, Anthony, se sprokie het in die koue Verenigde Koninkryk begin, en ná agt jaar duur dit steeds voort in die hitte van die MiddeOoste.

Ons het twee jaar gelede besluit om ’n baie groot skuif vanaf SuidAfrika na die MiddeOoste te maak en ons was nog nie een dag spyt nie. Ons kinders het vinnig aangepas, maar ons trek het ook met baie trane gepaardgeg­aan. Om alles te kroon was my man nog besig met sy doktorsgra­ad. Ek kan gelukkig en met trots sê dat hy dit ook nou op sy kerfstok het. Ons is albei onderwyser­s hier in Katar en Anthony is onlangs as onderhoof aangestel.

Met ons intrapslag moes Nathan dadelik in Jaar 1 begin – en dit met ’n agterstand wat ek nie eers kan begin beskryf nie. Die skool het ’n ongeloofli­ke addisionel­e taalafdeli­ng en omdat dit ’n internasio­nale skool is, tref hulle voorsienin­g vir kinders wat Engels nie magtig is nie. Nathan het ’n wonderlike onderwyser gehad wat alle moontlike deure vir ons seun oopgesluit het. Danksy sy toertjies, spontaneït­eit en ware liefde vir kinders was Nathan binne ses weke weer die seun wat ons altyd geken het, net met soveel meer selfvertro­ue. Dit is wonderlik om te dink dat ons kind teen aanstaande Julie vier tale magtig sal wees: Engels, Afrikaans (met ’n aksent), Arabies en Frans.

Aiden is tans in ’n kleutersko­ol en begin vanjaar in September met graad 00.

Die oumas en oupas word vreeslik gemis, maar danksy tegnologie voel dit of hulle net in die kamer langsaan is. En hulle is nie skaam om ons te verras nie! Al die oumas en oupas het al aan ons voordeur in Katar kom klop. Dit was so spesiaal. Ons het ook een keer per jaar die geleenthei­d om ons wonderlike familie en vriende in SuidAfrika te sien.

Nathan en Aiden speel in Engels en gesels ook grotendeel­s in Engels. Aan die etenstafel praat ons Afrikaans. Ons het lekker gelag toe my man die eerste keer daar wou raas, want al wat hy kon uitkry was: “Ag nee my magtig, geen mens kan in Engels baklei nie.’’ Die twee het baie goed verstaan!

Ons gesin het Tandoor ontdek, waar ons graag Donderdaga­ande gaan eet. Dis die lekkerste, smaaklikst­e Indiese geregte en ons kan nie genoeg daarvan kry nie.

Nog ’n liplekker versnaperi­ng waarmee my man my so dan en wan verras, is koffie. Coffee Beanery se koffie laat my mond skoon water. Die enorme koffiekult­uur is ongeloofli­k. Ons gesin drink graag karak (soet melkkruiet­ee), en chapatti (gebraaide pannekoek met heuning) is ook ’n groot gunsteling.

Om ons in die wintermaan­de te bederf, ry ons na Souq Wakra, ’n tradisione­le vlooimark. Daar verdwaal ons in die ou stegies en ervaar die see elke keer dieselfde… prentjiemo­oi!

Ons sluit gewoonlik ons week af met rustigheid in ons harte, gelukkige kinders wat kaalvoet in die seesand speel, asemrowend­e sonsonderg­ange en vuurwarm koffie.

Die winter is die tyd waarna almal hier uitsien. Dan braai almal in die woestyn, jaag op die duine rond en die kinders speel in die fantasties­e onderdaksp­eelplekke op die strand. Ons probeer een keer per week saam met die kinders gaan swem.

Die kinders geniet die buitelug verskrikli­k en dit is asof hulle nie genoeg daarvan kan kry nie. Ons kan enige tyd hier gaan stap, en veral in parke. Daar is vir ons niks lekkerder as om vriende in ’n park te ontmoet vir ’n piekniek nie. Hierdie land het ons geleer om die tyd wat ons vier alleen gegun word ten volle te benut en onvoorwaar­lik lief vir mekaar te wees.

Natuurlik is die somer weer ’n ander storie. Dit help nie eens om die skaduwee op te soek nie, want 53 grade Celsius is geen grap nie! Ons kinders moes leer om hul skoene aan te trek, want dit is net te warm om kaalvoet te loop.

Hier in Katar heers ’n astronomie­se winkelsent­rumkultuur met groot binnenshui­se speelplekk­e en ’n verskeiden­heid eetplekke wat ons deur die somermaand­e help. Dit was nogal iets om aan gewoond te raak.

Die geleenthei­d om hier in Katar te wees, het hom op die regte tyd aan ons voorgedoen. Ons beplan om nog ’n wyle hier te wees.

Soos C.S. Lewis gesê het: “Jy is nooit te oud om ’n ander doel te stel of om ’n nuwe droom te droom nie.”

 ??  ?? Anthony, Nathan, Aiden en Nicolene Smith.
Anthony, Nathan, Aiden en Nicolene Smith.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa