Baba & Kleuter

8svwerrasa­sennde gfeiteeoor­rskap

Die interessan­te dinge wat niemand jou ooit vertel nie …

-

HART WORD GROTER

As jy ’n broodjie in die oondjie het, moet jou hart baie harder werk en daarom groei hy. Jou hart klop ook vinniger as gevolg van die verhoogde volume bloed (30 persent meer) in jou liggaam.

HARE VAL UIT NÁ DIE GEBOORTE

Hope estrogeen tydens jou swangerska­p sorg dat jou hare nie soos normaalweg uitval nie. Net as jy dink alles keer weer terug na normaal ná jou baba se geboorte, begin jou hare uitval – gewoonlik wanneer jou baba omtrent vier maande oud is. Jy sal in hierdie tyd meer hare op jou borsel en op jou kussing opmerk.

DRA ’N GROTER SKOEN

Miskien is jy lus vir nuwe skoene terwyl jy swanger is, maar los dit liewer! Die hormoon relaksien maak die ligamente in jou voete los en saam met jou groter liggaamsge­wig maak dit die brug van jou voete platter. Die gevolg: Jou voete is ’n bietjie langer en breër is.

MAAT BEGIN WYS

Mans kan swangerska­psimptome ervaar, soos moeg voel, ’n magie kry en selfs buierig voorkom. Dit gebeur gewoonlik teen die einde van jou eerste trimester en duur tot jy die lewe skenk.

LIBIDO SKIET DIE HOOGTES IN

As gevolg van die ekstra bloedvloei na jou onderlyf is dit heel moontlik dat jy in jou swangerska­p heel wellustig kan voel!

NIE OGGENDNAAR­HEID NIE

Die slegte nuus is dat jy eintlik die hele dag, veral in die aand, naar kan wees. Dit begin gewoonlik teen ses weke wanneer jou hormone inskop. Eers wanneer die tweede trimester aanmeld en jou plasenta oorneem, begin die naarheid (meestal) verdwyn.

EET NIE VIR TWEE NIE

Jy kan so af en toe ’n tweede skeppie geniet, maar jy moet eintlik nie vir twee eet nie. As jy jou swangerska­p met ’n gesonde gewig en LMI begin het, is jy veronderst­el om slegs 1 200 kilojoules ekstra per dag in te neem.

IS GAAF

Jy gaan voor in die ry plek kry. Almal vra hoe dit met jou gaan en jy word toegegooi onder geskenke vir jou en baba. Dit waai gewoonlik oor wanneer jou baba gebore word, maar gelukkig maak jy intussen nuwe ma-vriende!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa