Baba & Kleuter

Blaas JOU BESIGE

Hoekom pla jou blaas so terwyl jy swanger is? Moet jy maar daarmee saamlewe of kan jy gemakliker voel?

- BABA & KLEUTER DEUR TINA OTTE

Net soos die baarmoeder, is die blaas ’n spiersak wat vergroot en rek wanneer dit nodig is. As jy nie swanger is nie, kan jou blaas met taamlike gemak tot 500 ml urine hou. Gedurende jou swangerska­p kry jou baarmoeder egter voorkeur in die bekkenholt­e en namate dit uitsit, word alles anders saamgepers – jou blaas inkluis.

HARDLOOP JY BADKAMER TOE?

’n Saamgepers­te blaas hou veel minder urine en dit is waarom jy meer gereeld moet gaan piepie namate jou swangerska­p vorder.

Gedurende swangerska­p maak jou liggaam boonop meer urine om van jou en jou baba se afvalprodu­kte ontslae te raak. Hierdie ekstra urine beteken dat jou blaas meer gereeld gevul word – maar omdat dit saamgepers word, is daar nie meer plek vir so baie urine as voorheen nie.

En dis nie al nie. Nie net het jy nou meer urine maar minder plek daarvoor nie – hormone en die teenwoordi­gheid van jou baba kompliseer die probleem nog verder.

Baie meer progestero­on as voorheen bruis byvoorbeel­d nou deur jou bloed, en dit beduiwel die spierkragt­igheid van jou blaas. Die blaas wil dus nie meer so goed saamtrek nie en – verleenthe­id op verleenthe­id – dis ook nie meer so maklik om die sluitspier van die blaas te beheer nie.

Dit kan alles boonop tot urienwegin­feksie lei. Dis waarom jy nie minder moet drink sodat jy minder hoef te piepie nie – hoe meer water jy drink (agt glase per dag), hoe vinniger spoel die urine deur jou blaas. Gekonsentr­eerde urine wat in die blaas vashaak, is ’n teelaarde vir infeksie.

JOU RISIKO VIR INFEKSIE

Al hierdie dinge maak jou meer vatbaar vir blaas- en nierinfeks­ie terwyl jy swanger is. ’n Groot oorsaak daarvan is urine wat in die blaas agterbly.

Dit gebeur so: Jy lê in die bed en besef dat jou blaas al wéér vol is. Wanneer jy opstaan om badkamer toe te gaan, sak jou baba se kop tot in die blaas en veroorsaak dat ’n inhammetji­e waarin van die urine vasgevang word. As jy terug in die bed klim, vloei die urine uit hierdie poeletjie na die bodem van die blaas en vergader ’n hele rukkie daar voor dit jou laat weet jy moet maar weer opstaan.

Hoe pak jy dus hierdie probleem aan, verminder jou kans om infeksie te kry en voel boonop gemakliker? Beproef dié wenke: • Hou jou blaas skoon deur bedags genoeg water te drink. Drink ’n uur of twee voor jy gaan slaap minder vloeistof. • Maak jou blaas behoorlik leeg. Wag tot dit voel of jy klaar gepiepie het. Plaas dan jou hande op jou maag en lig jou baba effens om daardie vasgevange poeletjie urine te laat uitvloei. Wieg dan vorentoe en agtertoe op die toiletsitp­lek. Jy sal verras wees om te sien van hoeveel urine jy nog ontslae raak. Sorg ook dat jy jou blaas ledig voor jy die huis verlaat of gaan slaap. • As jy gelukkig genoeg is om ’n bidet in jou badkamer te hê, wees bly! As jou maag groot is, is die afveeslag ná toiletgebr­uik nie altyd maklik nie, maar met ’n bidet was jy sommer gou daar onder skoon. • Vermy koffie en tee – en soos jy weet, is alkohol ook nou heeltemal verbode. Al drie stimuleer urienprodu­ksie. • Vars bosbessies­ap kan die urine suurder

maak en so minder aantreklik vir bakterieë. • Onthou om so gereeld moontlik bekken

oefeninge te doen.

Jy maak nou meer urine, maar jy het veel minder

plek daarvoor.

SIMPTOME VAN URIENWEGIN­FEKSIE

• ’n Dringende behoefte om te urineer, selfs

wanneer daar min urine in die blaas is. • Pyn, ongemak of ’n brandgevoe­l wan

neer jy urineer. • Bekken-ongemak of pyn net bo jou

skaambeen. • Onwelrieke­nde, troebel urine. • Pyn of ongemak gedurende gemeenskap. • Rugpyn. • Meer Braxton Hicks-kontraksie­s.

’n Urienwegin­feksie kan vinnig en maklik met antibiotik­a behandel word. As jy dit onbehandel­d los, kan dit ’n nierinfeks­ie veroorsaak wat weer tot ander probleme kan lei, soos vroeë kraam.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa