Baba & Kleuter

VRAE WAT LAATBLOOS JOU

Alles wat jy oor kraam wil weet, maar te skaam is om vir jou dokter te vra.

- DEUR TINA OTTE

Moenie skaam wees om jou versorger uit te vra oor so ’n groot lewenserva­ring soos die geboorte van jou kind nie. Onthou, hulle het dieselfde ongemaklik­e vrae al honderde kere beantwoord. Maar as jy regtig nie kans sien nie, lees gerus hier ...

NATUURLIKE GEBOORTE

Hoewel die meeste swanger vroue erken dat hulle bang is vir kraampyne, is dit gewoonlik nie die hoofoorsaa­k van hul vrees nie. Iewers in ons verstand weet ons dat hierdie pyn bestuur kan word en dat dit eintlik van mindere belang is. Ons grootste vrees is meestal dat ons ons waardighei­d kan verloor, asook ons privaathei­d en beheer oor dinge soos ons taal, verstand – en sluitspier­e.

SÊ MAAR MY WATER BREEK OP ’N OPENBARE PLEK?

Gelukkig is dit ongewoon omdat jou water in die meeste gevalle breek wanneer die bevalling reeds op jou is. As dit wel gebeur, sal jy waarskynli­k nie ’n waterontpl­offing voel nie, maar net ’n klein stroompie gevolg deur ’n geleidelik­e uitsypelin­g. As jy bekommerd is, maak seker dat jy in die laaste weke ’n klompie kraam- of voeringdoe­kies in jou handsak het.

MOET EK MY SKAAMHARE MET WAS LAAT VERWYDER VOOR DIE GEBOORTE?

Eers as jy in kraam en al by die kliniek is, sal jy moontlik besef dat jy nooit ’n bikini-wasverwyde­ring ondergaan het nie. Niks gaan die vroedvroue of dokters skok nie – moet dus regtig nie daaroor bekommerd wees nie!

Skeer word nie meer as noodsaakli­k beskou nie, tensy jy ’n keisersnee kry. In laasgenoem­de geval sal hulle in die hospitaal net die die boonste deel van jou skaamhare verwyder.

WAT AS EK SKREE OF VLOEK?

Hollywood het gesorg dat ons ’n prentjie in ons kop ronddra van ’n wilde vrou wat van pyn gil. Die waarheid is egter dat die meeste vroue gewoonlik na binne keer en meege-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa