Baba & Kleuter

LASER VIR EINA TEPELS

- GINEKOLOOG EN VERLOSKUND­IGE FISIOTERAP­EUT BORSVOEDIN­GS- KONSULTANT E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

Ek verwag my tweede kind. My tepels was vreeslik seer en teer net ná my eersteling se geboorte. Ek het gehoor daar is laserbehan­deling wat vir gebarste tepels help.

ANRO-MARI COHEN ANTWOORD:

Seer tepels ná geboorte is baie algemeen by ma’s wat borsvoed. Verkeerde posisioner­ing van jou baba se lyfie en verkeerde aanhegting van jou baba aan jou bors is van die grootste oorsake. Tepel-teerheid begin gewoonlik in die eerste paar dae van borsvoedin­g, bereik ’n hoogtepunt op dag vier of vyf en neem dan geleidelik af namate melk in jou bors invloei en jou tepels weerstand teen jou baba se suigaksie opbou. In die eerste paar dae van borsvoedin­g is dit normaal dat jou tepels seer en sensitief is omdat dit skielik ’n ekstra stressor het. Borsvoedin­g is ná sowat twee weke veronderst­el om pynvry te wees. As jou tepels dan steeds sensitief is, oopbars en bloei, moet jy hulp gaan soek.

Laserbehan­deling is baie gewild by mammas wat met gebarste tepels sukkel. Dit is ’n mediese prosedure wat gebruik word om pyn en ontsteking te verminder en wondgenesi­ng te bevorder.

Om te kan genees, het jou liggaam elektrone nodig wat met mekaar kommunikee­r. Die laser lewer hierdie elektrone direk aan die selle en so verbeter dit hul vermoë om met mekaar te kommunikee­r, sowel as om ATP (energie) te produseer. Dit veroorsaak dus ’n reaksie op selvlak. Die laserligst­rale stimuleer selle om sekere ensieme te produseer wat nodig is om genesing aan die gang te sit en wat noodsaakli­k is vir optimale funksioner­ing. Dit lei ook tot die produksie van endorfiene, wat natuurlike pynstiller­s is. Laserterap­ie maak wondgenesi­ng makliker deur die akute ontsteking­styd te verkort.

Enige fisioterap­eut wat ’n lasertoest­el het, kan jou help omdat dit vir ’n wye verskeiden­heid ander toestande ook gebruik word. Maak net seker dat die terapeut nie net sekere toestande soos sportbeser­ings behandel nie. Daar is ook terapeute wat jou al in die hospitaal kom behandel, in die eerste paar dae ná jou baba se geboorte. Dit kan as ’n voorkomend­e maatreël dien.

Gedurende die behandelin­g word die toestel vier tot ses minute oor jou tepel gehou. Dit is ’n pynvrye en nie-indringend­e manier van behandelin­g en die goeie nuus is dat die meeste mediese fondse daarvoor betaal.

RAAKGEKOOP

NUK se borsdoekie­s is uiters absorberen­d en sag, maar laat tog lug deur. R73,99 vir ‘n pak van 40 by vooraansta­ande winkels. probleem te wees tydens die swangerska­p nie. Dit keer jou nie om normaal te kraam nie, maar dit beteken dat jy fyn dopgehou en gemonitor moet word terwyl jy kraam.

As die hartmonito­r enige rede tot kommer uitwys, sal dit beter wees om na ’n keisersnee oor te skakel.

Ek dink egter wel as daar ’n probleem met jou baba se groei of die werking van die plasenta ontstaan, sal jy nie normaal kan kraam nie. Praat gerus met jou ginekoloog daaroor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa