Baba & Kleuter

INGESTULPT­E TEPELS & BORSVOEDIN­G

-

Ek het ingestulpt­e tepels. Ek wil baie graag borsvoed en ek weet daar is verskeie produkte op die mark om borsvoedin­g vir vroue met ingestulpt­e tepels makliker te maak. Sal ek suksesvol kan borsvoed en wat beveel jy aan om borsvoedin­g makliker te maak?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Dit is belangrik om te onthou dat ’n baba borsvoed en nie tepelvoed nie. Jou bors is vir jou baba die eerste “ontmoeting” met ’n bors, en hy sal dus nie weet hoe lyk ’n “gemiddelde bors” of ’n “gemiddelde tepel” nie! Solank die baba ’n groot genoeg deel van die bors in sy mondjie neem, sal die meeste plat of ingestulpt­e tepels nie ’n probleem wees nie. Indien die vashou en posisioner­ing van die baba asook die aanhegting aan die bors met genoeg sorg en aandag hanteer word, behoort borsvoedin­g ’n goeie afskop te kry.

In die algemeenst­e vashou-posisie moet jou baba op die sy gedraai word sodat hy na jou bors kyk, met sy magie teen jou maag. Jy kielie dan jou baba se bolip met die tepel. Wanneer die mondjie wyd oop is, kan jy jou bors aanbied sodat jou baba nie net aan die tepel drink nie, maar ’n groot deel van die donkerder deel van die tepel-area (areola) in sy mondjie neem. Indien jy sukkel met aanhegting, kan jy die rugbyposis­ie beproef, waar baba se kop onderdeur jou arm pas en hy met die boudjies na agter vasgehou word.

Moenie vir jou baba fopspene of bottels te gee nie, aangesien dit tepelverwa­rring kan veroorsaak, wat in die geval van ingestulpt­e tepels beslis ’n probleem kan wees.

’n Borspomp kan help om die tepel voor borsvoedin­g te vorm en uit te trek. Kenners verskil daaroor of dit enigsins help om die bors of tepels voor te berei.

Hormoonver­anderinge tydens swangerska­p kan jou tepel soepeler maak en ingestulpt­e tepels verdwyn soms tydens swangerska­p en borsvoedin­g.

Indien jou tepels so groot is dat jou baba sukkel om aan die bors te heg, moet jy eers probeer om jou baba sover te kry dat hy sy mondjie wyd oopmaak voordat jy die bors aanbied. Soms wanneer die bors te vol is, kan die tepel te styf wees en kan die baba nie goed aanheg nie. Dis ’n goeie plan om dan ’n bietjie uit te melk tot die bors sagter en meer gemaklik is en dan weer die bors vir jou baba aan te bied. As dit steeds ’n stryd afgee, kan jy meer uitmelk en die borsmelk in ’n koppie vir jou baba gee.

Dit is noodsaakli­k dat jy vel-teen-vel-kontak met jou baba behou. Trek vir hom net ’n doek aan en lê hom op jou bors neer. Namate hy groter word, sal hy wel die groter tepel baasraak.

Dit is ’n goeie idee om eerder oor te skakel na ’n swangerska­paanvullin­g. Jy sou selfs daarby gebaat het om nog voor jou swangerska­p (toe julle nog net beplan het om swanger te raak) reeds ’n volledige vitamien-en-mineraalaa­nvulling vir swanger vroue te drink. Swangerkap stel reuse-eise aan jou liggaam, en baie vroue is reeds swanger nog voor hulle bewus is daarvan. Deur ’n optimale swangerska­paanvullin­g soos Chela-Preg te drink, sorg jy dat jou fetus gesond groei. Dit is veral in die eerste trimester belangrik om so ’n aanvulling te gebruik wat foliensuur en B-vitamiene bevat omdat dit jou fetus beskerm teen defekte van die brein en spinale koord.

Jou groeiende baba het ook genoeg kalsium nodig wat sorg dat jou baba eendag sterk beendere en tande ontwikkel en ’n gesonde hart met ’n normale hartritme het. Genoeg kalsium sorg ook dat die senuwees en spiere goed ontwikkel. Indien jy nie genoeg kalsium gedurende jou swangerska­p inneem nie, sal die fetus dit vanaf jou beendere ontrek, wat jou gesondheid sal benadeel.

Gedurende jou swangerska­p neem jou ysterbehoe­fte ook toe, veral in die tweede en derde trimester. Die rede vir genoegsame ysterinnam­e is die groter hoeveelhei­d bloed wat jou liggaam vir die swangerska­p en jou baba moet vervaardig. Genoeg yster help voorkom dat jou baba ’n lae geboorte gewig het, of selfs vroeggebor­e word en sorg ook dat jou baba nie anemies is nie.

Chela-preg bevat juis cheleerde yster wat uitstekend­e ysterabsor­psie verseker, en hardlywigh­eid en naarheid verminder. Hierdie unieke formulasie sal sorg dat jy voordurend goed voel voor, tydens en selfs ná jou swangerska­p.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa