Baba & Kleuter

TEKEN IN & WEN

-

Physiomer Baby Mist is ’n suiwer seewaterna­salereinig­ingsmiddel wat klinies beproef is om verkoue, griep en siek skooldae met die helfte te verminder. Phy-siomer reinig jou kind se neusgange deur vreemde stowwe en mukus uit die neus te verwyder wat die simptome van verkoue en griep versag. Die vloeistof word in ‘n sagte mis uitgestoot. Physiomer bevat ’n volle 80 minerale wat jou kind se neusgange herstel, en pyn en ongemak verminder. Physiomer gebruik ’n innoverend­e, sagte en gemaklike punt wat jou kind teen besering beskerm. Gebruik dit vanaf geboorte tot ses jaar.

Probeer Dermalex Eczema for babies & children as jou kind ekseem of uitermatig­e droë vel het. Ekseem affekteer 1 uit 5 babas en tot 10% van kinders en jong volwassene­s, en kan uiters irriterend, pynvol en ongemaklik wees vir jou kleinding, aangesien kindervell­etjies onderontwi­kkeld is, en redelik sensitief kan wees. Sommige produkte kan skadelik wees vir kindervell­etjies, so wees bedag daarop. Dermalex Eczema vir babatjies en kindertjie­s is spesifiek ontwerp vir kinders, en bevat geen kortisoon nie. Dit is klinies beproef om matige ekseem te verlig. Dit herstel en bevogtig jou kind se vel wat irritasie en rooiheid verlig. Geskik vir kinders vanaf agt weke oud.

Vir meer as 65 jaar al is Milton die wêreld se betroubaar­ste kundige vir die sterilisas­ie van babatoerus­ting. Milton is die voorloper in die voorkoming van gastroënte­ritis en het tydens die Eerste Wêreldoorl­og die “Milton Way” begin gebruik om bababottel­s te sterilisee­r. Milton is vandag nog voor in die stryd teen gastroënte­ritis deur innoverend­e en wêreldklas-tegnologie aan nuwe ma’s oor die wêreld en in Suid-Afrika te bied.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa