POSITIEWE GEDRAG
JOU TYD
Dit is ononderhandelbaar vir sagte liefde. “Al sê jy ook hoe baie vir jou kinders dat jy lief is vir hulle, gaan jou woorde ’n leuen wees as jy nie genoeg by hulle is nie. Met kinders gaan dit oor wat jy doen, nie wat jy sê nie,” sê die Biddulphs.
Moenie jou gewete te veel sus met gehaltetyd nie, maan hulle. Hoe sal jy voel as jou man jou die hele aand ignoreer, maar tienuur die koerant neersit en die TV afskakel, gereed vir amoreuse aksie ... en dan noem hy dit gehaltetyd?
Onthou ook dat van die beste oomblikke in die lewe spontaan gebeur – herinneringe steur hulle min aan dagboeke.
Dis nie so moeilik om meer tyd met jou kinders deur te bring nie. Begin sommer by die ritueel van eet om ’n gedekte tafel terwyl die TV afgeskakel is.
Onthou: Kinders besluit wat hulle werd is in die lig van wat hulle vir jóú werd is, en hulle baseer dit op hoe baie jy hul geselskap geniet.
LEEF VIR NOU
Die Biddulphs meen die meeste ouers sukkel om spesifieke oomblikke te geniet omdat hulle sukkel om te konsentreer op dit wat nou gebeur.
Daar is baie redes voor: die gejaagde lewe, die verlede (skuldgevoelens, spyt en verwyte) en die toekoms (verpligtinge, of alles wat kan verkeerdloop).
Boonop is daar dikwels ’n gevoel dat ons iewers anders moes gewees het (dalk op kantoor, voor die rekenaar, agter die kospotte).
Voeg daarby die mededingende samelewing waarin ons leef, ons oorvol dagboeke en ons stresvlak, en jy sien hoekom ons sukkel om die oomblik te geniet.
Kinders leef vir vandag. Probeer onthou hoe lank ’n dag vir jou gevoel het toe jy ses jaar oud was, en leef ’n keer net vir ’n dag. HOE DOEN JY DIT? • Laat jou kinders speel, en speel saam! Sielkundiges sê speel help kinders om sin te maak van hul wêreld, hul bekommernisse te vergeet, vrese te oorkom en verhoudings met ander te vestig. Vergeet ’n slag van steriele winkelspeelgoed. Modder, water, klei en papier is steeds die beste speelgoed. Laat hulle verbeeldingspeletjies speel. • Moenie dadelik die TV aanskakel as hulle sê “ek’s verveeld” nie – hulle moet leer om hulself besig te hou. • Beperk TV-tyd. Doen eerder iets saam: Laat ’n vlieër vlieg, skop ’n bal, bou ’n legkaart ...
FERM LIEFDE
Is dissipline dan nog nodig? Ja, maar nie die shameandblame- soort nie, meen die Biddulphs. Wel iets wat hulle ferm liefde noem.
“Dissipline is ’n snaakse ding – jy sien dit die beste raak as dit nie daar is nie,” sê Steve. Maar ons moderne ouers het soveel deurmekaar boodskappe oor dissipline gekry dat ons dikwels nie herwaarts of derwaarts weet nie.
Die definisie van ferm liefde is om in te meng ter wille van jou kind. Dis omdat jy weet dat grense dinge vir jou kind makliker maak. As jy dit nie doen nie, gaan jou kind regdeur haar lewe sukkel met selfbeheersing, reëls, gesag en verhoudings.
“Ferm liefde gaan oor betrokke raak en Die Amerikaner E.L. Thorndike, wat deur baie as die eerste opvoedkundige sielkundige beskou word, het ’n teorie ontwikkel wat onder sielkundiges bekendstaan as die oftewel die Uitwerkingswet: Gedrag wat die gewenste uitwerking het, sal herhaal word.
As jou kind dus iets doen en hou van wat daarna gebeur, sal hy dit weer doen. Dis ’n baie eenvoudige beginsel, maar een met verreikende gevolge, veral as dit kom by kinders grootmaak.
Die kinderopvoedingsghoeroe James Dobson het al in die 1970’s op Thorndike se teorie uitgebrei en die volgende riglyne oor belonings vir positiewe gedrag opgestel: • Beloning moet onmiddellik plaasvind. • Dit hoef nie materieel te wees nie. “Kinders en volwassenes van alle ouderdomme soek konstante bevrediging van hul emosionele behoeftes, insluitend die behoefte aan liefde, sosiale aanvaarding en selfrespek.” Hulle hoop ook om opwinding, intellektuele stimulasie, vermaak en plesier te kry. • Enige gedrag wat aangeleer is deur herhaling, kan afgeleer word as die beloning lank genoeg weerhou word. • Ouers versterk ongelukkig soms nega
tiewe eerder as positiewe gedrag. leer, nie oor straf nie.” Dus: Léér jou kind wat jy van hom verwag.
Ferm liefde werk so: As Pietie aanhou om met die TV se kragdraad te speel, verwyder hom fisiek van die TV af, gaan sit hom in ’n ander hoek van die vertrek en laat hom daar sit tot hy bedaar en bereid is om te luister hoekom jy hom nie by die kragdrade wil toelaat nie.
Jy kan dieselfde beginsel in ander situasies gebruik, soos wanneer ’n kind nie wil eet nie, baklei, woede-uitbarstings kry, of die hond seermaak.
Jou kind gaan waarskynlik deur die jare baie in en uit die dinkhoekie beweeg, maar sy gaan mettertyd leer om te dink, haar gedrag te heroorweeg en ander se gevoelens in ag te neem.
Ja, die dinkhoekie tas dalk jou kind se trots aan, maar dis net vir ’n paar minute.
Mik na ’n gelukkige einde deur die saak met jou kind deur te praat. “As jy nou tyd belê, hoef dieselfde probleem nooit weer op te duik nie. Jy sal weet as dit suksesvol was, want jy sal beter voel en jou kind ook,” sê die Biddulphs.