Baba & Kleuter

HELP! tande SY KRY

Wat kan jy doen om tandekry vir jou baba makliker te maak?

- BABA & KLEUTER DEUR LIBBIE JOUBERT

DIT HELP ALLES

Sommige babas se tande verskyn stil-stil, maar ander is beslis nie so gemaklik met die proses is nie. En ’n moeilike baba beteken ’n moeë ma. Hier is rate wat ons by ervare ma’s en mediese kenners gekry het: AANDAG AFTREK Bedags is dit soms genoeg om baba se aandag van haar ongemak af te trek deur haar besig te hou met aktiwiteit­e soos stap, dans en bietjie vertroetel­ing. MASSERING Vryf ferm met ’n skoon vinger oor haar tandvleisi­es. Jy kan ’n rubber-tandeborse­ltjie gebruik om die tandvleis mee te masseer. TANDERINGE ’n Tandering is nie te hard nie en is lekker koumateria­al. Belê gerus in die soort wat jy in die yskas kan sit om af te koel – die koue sal ekstra verligting bring. Moet dit nie vries nie! KOS OM AAN TE KOU Dr. Angela Gilhespie, skrywer van beveel onder meer ’n hoenderbee­ntjie sonder vleis aan, asook wortelstok­kies, appelskyfi­es, Kenners verskil oor die simptome van tande kry, maar almal stem saam dit kan jou kind nie ernstig siek

maak nie selderysto­kkies en broodkorsi­es. Baie ma’s hou van tandebesku­itjies, maar Angela waarsku teen die hoë suikerinho­ud daarvan.

Oumas beveel dikwels biltong aan – maak seker dis nie te sout nie en bly naby. ’N ELEKTRIESE TANDEBORSE­L Angela sê jy kan dit gebruik om baba se tandvleis mee skoon te maak (en later haar tandjies) en babas is blykbaar dol oor die vibrasie daarvan in die mondjie. KOUE DINGE Koue bring verligting. Sit dus haar fopspeen in die yskas of gee haar koue jogurt, koue wortels of ’n piesang wat ’n rukkie in die yskas was. KAMILLE Baie homeopate beveel kamille aan vir tandekry – jy kan kamilletee gee of Weleda se tandekrypo­eier, wat ook kamille bevat. LOKALE MONDELIKSE VERDOWINGS­MIDDELS Kyk na opsies soos Teejel, Bonjela, Pansoral-jel, Prodol (deur baie ma’s aanbeveel) of poeiers soos Vidol en Ashton & Parsons. Nog ’n gewilde opsie by ma’s is Dynexan, wat eintlik vir volwassene­s bedoel is. Praat egter eers met jou apteker daaroor. Jy kan jou apteker ook vra vir hul eie tandemengs­el. PYNSTROPE Babaveilig­e pynstrope soos Panado en Calpol behoort met uitsonderi­ng gegee te word, maar kan veral in die nag help. Bly weg van aspirien – dis baie gevaarlik vir kinders jonger as 16.

TANDHIGIËN­E

Hoe gesond baba se melktande is, het ’n invloed op haar volwasse tande. Vee haar eerste tandjies twee keer per dag skoon met ’n skoon, nat lappie. Jy kry ook spesiale vingertand­eborseltji­es.

Die grootste oorsaak van tandbederf by babas is dat hulle met ’n bottel slaap, omdat die vloeistof agter die tandvleis opdam en groot skade aanrig – vermy veral bottels sap en versoete tee. Dit kan baba se tandjies letterlik wegvreet.

IS DIT TANDE?

Kenners verskil oor die simptome van tandekry, maar almal is dit eens dat tandekry nooit ’n kind ernstig siek maak nie. Jy kan verwag dat jou asjas in hierdie tyd wel: • prikkelbaa­r kan voorkom, • byterig kan wees, • baie kan kwyl (wat tot ’n uitslag op die

kennetjie kan lei), • onwillig kan wees om te eet omdat haar

tandvleis sensitief is, en • slegter as gewoonlik kan slaap.

Sommige kenners reken ook dat tandekry gepaard kan gaan met doeke wat erger ruik as gewoonlik, ’n baie effense koors en ligte diarree (nie erg nie). Moenie net siekte-simptome afskryf as tandekry nie – praat liewer met jou apteker, dokter of klinieksus­ter as jy twyfel. Die meeste babas kry hul eerste tand tussen vier en sewe maande oud.

Jou kleinding se tandjies begin reeds in die baarmoeder ontwikkel. Een uit 2 000 babas word met ’n tandjie gebore.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa