Baba & Kleuter

Bedtyd vir beginners ’n Wiegelied in 3 bewegings

Die voorspelba­arheid van ’n slaaptyd roetine vir baba hou baie voordele in. Sy slaap dieper, jy slaap meer. Hoe kry jy dit reg?

- DEUR LOUÏNE VAN DER VYVER

Roetine skep sekuriteit en van meet af aan gebruik jou pasgeboren­e die bekendheid van ’n gevestigde roetine as baken te midde van die groot onsekerhei­d en vreemdheid buite jou baarmoeder. Dit kos net drie aande van herhaling voor jou baba die roetine sal herken. Dit laat haar veilig voel en ontspan – ’n ontspanne baba dra natuurlik tot ’n ontspanne ouer by en saam gaan julle albei veel rustiger aan die slaap raak en die nag se voedingsro­etine met meer gemak aanpak.

Sou ’n mens die slaaptydro­etine as ’n musiekwerk beskryf, kan jy sê jou wiegelied het drie bewegings: badtyd as ’n speelse inleiding (scherzo), rustige bindingsty­d (ritardando – ál stadiger) en die einde, wanneer baba uiteindeli­k neergelê word (die stille finale).

Gesels met jou baba of sing opgewekte liedjies, maar moenie uitspattig raak nie. Onthou dat dit die inleiding tot jou baba se slaaptydro­etine is en hoewel dit lig kan wees, moet dit ook rustig gehou word.

Jy hoef nie die bad uit te rek om dit steeds genotvol vir jou baba te maak nie. Hou dit bondig en volg jou baba se leiding – tel haar uit wanneer sy begin kriewel of lyk of sy genoeg gehad het. Hou te alle tye jou eie gedrag rustig en kalm.

Wikkel jou baba in ’n droë handdoek toe en bring haar terug na die ruilstasie. Tyd vir beweging twee: vel-tot-vel-kontak.

WOORDE VAN WYSHEID

Badtyd is nie noodwendig altyd maklik of plesierig nie. Babas verskil. Sommige babas geniet die water en word dadelik rustig. Ander haat dit om ontbloot te word; dit laat hulle onveilig voel. Skep moed, baie babas bedaar wanneer hulle die water tref en begin dan selfs die badtyd geniet. Sou jou baba ná ’n paar aande steeds weerstand bied, kan jy dit oorweeg om haar vir eers met ’n klam, louwarm lappie en ’n bietjie reiniger af te vee en dadelik weer toe te wikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa