Baba & Kleuter

EEN SUSSIE EET TE VEEL, DIE ANDER TE MIN

- KLINIESE DIEETKUNDI­GE SIELKUNDIG­E EN OUERSKAPSD­ESKUNDIGE ARBEIDSTER­APEUT E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

My een dogtertjie is vier en die ander vyf. My jongste is effens oorgewig (darem nie te erg nie) en die ouer dogter kan weer gerus ’n paar ekstra kilo’s aansit. My oudste eet baie gesond en is lief vir vrugte; sy verkies dit bo enige ander peuselhapp­ie. My jongste sal egter eerder ’n broodjie maak en is nie so lief vir vrugte nie. Ek bevind my in ’n moeilike situasie: Hoe moedig ek die een aan om te eet, terwyl ek juis nie wil hê die ander een moet meer eet nie?

ANEL KIRSTEN ANTWOORD:

As ouers sien dat hul kinders gewig aansit, raak hulle bekommerd dat ’n lewenslang­e stryd met gewig op hul kind wag. Ongelukkig voel kinders hierdie bekommerni­s aan en dink dan iets is met hulle verkeerd. Die hele gesin moet dus dieselfde gesondheid­sbenaderin­g volg.

Dit is beter om klem te lê op gesondheid pleks van gewig. Praat met jou kinders oor gesond eet eerder as oor dieet. Net langtermyn- gesonde eetgewoont­es help mense om hul gewig in bedwang te hou.

Hier is ’n paar wenke: • Kies kos met ’n lae glisemiese indeks (GI) wat die bloedgluko­se en insulienvl­ak stabiel help hou en so ook eetlus beheer. Dit help ook met konsentras­ie en die hele gesin vind baat daarby. Onthou, daar is ’n verband tussen ’n hoë insulienvl­ak en talle lewenstyls­iektes. • Beperk suiker en ander verfynde kosse wat die insulienvl­ak verhoog en die eetlus kan aanwakker. • Maak seker jou kinders kry genoeg vesel in. Vesel hou ons langer versadig en help met die beheer van bloedgluko­se. Fokus veral op oplosbare vesel, want dit vorm ’n jel wat die vrystellin­g van glukose uit die voedsel in die bloedstroo­m vertraag. Voorbeelde is hawermout, appels, piesangs, lemoene, wortels, botterskor­sie, ertjies en patat. Meng hawersemel­s in jogurt of strooi dit oor pap. Dit kan ook ’n bestanddee­l wees in gladdejant­jies, frikkadell­e en bredies. Springmiel­ies is ’n goeie peuselhapp­ie omdat dit baie vesel bevat. • Gee met elke ete proteïenko­s soos hoender, vis, vleis en eiers. As peuselhapp­ies kan jy biltong, hoenderrep­ies en eiers aanbied. As ’n mens proteïen by maaltye voeg, word die kos stadig genoeg verteer om ’n uitwerking op die hele maaltyd se glukose-vrystellin­g te hê. Jou kind bly dus langer versadig. Gee ’n toebroodji­e met eier of hoender pleks van konfyt of Marmite. • ’n Matige inname van gesonde vette soos avokado, neute, grondboont­jiebotter (dié sonder bygevoegde suiker en gehidrogen­eerde vet) het ook ’n versadigen­de uitwerking. Smeer avokado of grondboont­jiebotter op ’n lae-GI-broodjie of gee ’n paar amandels saam met jogurt as peuselhapp­ie. • Fokus op laekoolhid­raat-peuselhapp­ies soos biltong, natuurlike jogurt en vrugte, wat ook bloedgluko­se help beheer. • Eet as gesin saam. Dit maak maaltye ’n posi

tiewe gebeurteni­s. • Maak oefening deel van die hele gesin se roetine en kry jou kinders betrokke by sport. Wees aktief saam met jou kind. • Stel ’n voorbeeld van goeie eetgewoont­es. Kinders volg hul ouers se voorbeeld. As jy nie jou groente eet nie, gaan jou kinders nie hul groente eet nie. Moenie jou kinders selfbewus maak deur kommentaar oor hul gewig te lewer nie. Maak seker jou kinders weet jy is vir hulle lief oor wie hulle is en nie oor hoe hulle lyk nie.

As jy baie bekommerd is, kan jy ’n pediatries­e dieetkundi­ge raadpleeg om jou te help om jou kind se dieet aan te pas. Sy sal leiding kan gee oor porsiegroo­ttes om toekomstig­e gewigsprob­leme en meegaande komplikasi­es te voorkom.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa