Baba & Kleuter

BABASIEK? IS MY

Jou baba kan jou nie sê as sy siek is nie, maar haar gedrag wys dit wel. Let op na dié tekens om vas te stel of jou kind verpleging nodig het.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Dit is soms maklik om raak te sien dat jou baba siek is, soos wanneer sy ’n toe neusie of hoes het. Ander kere moet jy mooi kyk om te weet iets is fout. Volg jou instink om te besluit of dit ernstig is en jy eerder moet dokter toe, en of jy jou kind self by die huis kan verpleeg.

HOE WEET EK?

Daar is verskeie tekens wat wys dat jou kind besig is om siek te word. Kyk uit vir een of meer van die volgende: • Prikkelbaa­rheid • Rusteloosh­eid • Verstopte neus • Loopneus • Koors • Hoes • Rooi ogies • Seer keel • Geen eetlus • Slaap sleg • Uitslag • Braking • Diarree • Lusteloosh­eid • Slaap meer as gewoonlik • Kortasemig­heid • Toe bors • Nies • Stiller as gewoonlik • Papperig • Bleek • Warm gesig en rooi wange • Onophoudel­ike gehuil

WAT MOET EK DOEN?

As jy een van die simptome hierbo opgelet het, kan jy optree deur te kyk of jou baba koors het.

As jou kind ’n koors van 37 tot 38 grade Celsius het, kan jy haar klere uittrek en haar hele lyfie met lou water afspons.

Vir ’n ouer baba kan jy medisyne gee, maar onthou dat ’n baba onder ses maande wat koors het, altyd onmiddelli­k dokter toe geneem moet word.

Jou kind het ’n hoë koors as sy ’n temperatuu­r van 38 grade C of hoër het. Dan is dit ook wys om dokter toe te gaan.

SORG DAT JY DIÉ BASIESE TOERUSTING EN MEDISYNE BY DIE HUIS HET

’n Koorspen – digitaal werk die maklikste Pynverligt­ingstroop wat parasetamo­l of ibuprofeen bevat, plus ’n spuitnaald Soutoploss­ingneusspr­oei Gaasdoekie­s Verbande en pleisters Burnshield Antiseptie­se room vir snye en skrape Watte Ontsmettin­gsmiddel Skerp skêr Tangetjie Antihistam­ienroom vir insekbyte en steke Rehidrasie­poeier Koue jelpak Insekweerd­er

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa