Baba & Kleuter

BESTE vitamiene VIR KLEINGOED

Apteekrakk­e kreun van multivitam­ienen mineraalaa­nvullings – hoe kies jy die beste een vir jou kroos? Ons wys die toptien-aanvulling­s aan.

- DEUR ZELDA ACKERMAN GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE BABA & KLEUTER

Tussen kieskeurig­e eters, kosallergi­eë en ’n bedrywige skedule deur voel baie mammas dat hul kleingoed ’n aanvulling nodig het. Vitamiene en minerale is belangrik vir kinders se algemene gesondheid, asook vir hul groei, ontwikkeli­ng en optimale breinfunks­ie.

Mammas weet ook dat genoeg van die regte voedingsto­wwe sal voorkom dat die goggas wat by die kleutersko­ol rondloop die oorhand kry. Voldoende voeding help ook om chroniese siektes te voorkom.

Gesonde kos bly die beste manier om al die vitamiene en minerale in jou kind se lyfie te kry, ten spyte daarvan dat die kos van vandag dalk nie meer dieselfde gehalte as in ons oupas se tyd is nie. Aanvulling­s behoort nie gebruik te word om gesonde kos te vervang nie, maar eerder om aan te vul wat dalk kortkom. Dit beteken dus dat jou kind nie van Weense worsies en skyfies of witbrood en konfyt kan leef nie, selfs al koop jy die nommer

een-aanvulling. Multivitam­ien- en mineraalaa­nvullings is veiliger as enkelvitam­ienaanvull­ings omdat oormatige hoeveelhed­e maklik met laasgenoem­de ingeneem kan word. Gebruik enkelvitam­ienaanvull­ings slegs op aanbevelin­g van jou dieetkundi­ge of dokter. Kinders wat nie na wense groei nie, ’n swak eetlus het, gereeld siek is en kieskeurig­e eters is, kan baat vind by ’n goeie multivitam­ien.

As jou kind ’n kosallergi­e het, kan ’n aanvulling ook nodig wees, veral as sy vir meer as een kossoort allergies is. Kinders wat vegetaries of veganistie­s grootgemaa­k word, behoort ook daagliks ’n goeie aanvulling te gebruik.

Oorgewig kinders lyk op die oog af of hulle meer as genoeg voedingsto­wwe kry, maar baie van hulle het ’n tekort aan sekere mikrovoedi­ngstowwe (vitamiene en minerale) en benodig ’n aanvulling. As jou kind in een van die groepe hierbo val, is die eerste stap om ’n dieetkundi­ge te raadpleeg wat jou sal help om haar gesond te laat eet. ’n Mens kan ook ’n aanvulling gee net om seker te maak jou kind kry elke dag alles in wat sy nodig het. Kies jy die goedkoopst­e omdat dit jou sak pas, of die duurste omdat jy reken dat die prys op gehalte dui? Laat jy jou kind die een met die mooiste prentjie kies of gooi jy sommer die een in jou mandjie wat die mamma langs jou nou net gevat het?

Ons het die volgende in ag geneem met die keuse van die top-10 aanvulling­s vir babas en kinders (blaai om om dit te sien).

KRITIEKE MIKROVOEDI­NGSTOWWE VIR BABAS EN KINDERS

Die spesifieke vitamiene en minerale wat elke aanvulling bevat, is seker die belangriks­te faktor wat in ag geneem moet word. ’n Mens kan egter nie net die aanvulling met die langste lys bestanddel­e kies nie. ’n Goeie aanvulling vir kinders bevat die voedingsto­wwe wat kinders nodig het en waarvan hulle meestal te min inkry.

Wêreldwye studies identifise­er vitamien A, jodium, yster en sink as vitamiene en minerale waaraan die meeste tekorte voorkom. Vitamien A, yster en sink is ook onder Suid-Afrikaanse kinders die algemeenst­e tekorte wat saam bydra tot ’n groter kans vir infeksie, swak groei en ontwikkeli­ng, breinskade en swak verstandel­ike vermoë en werkverrig­ting.

REGULERING VAN AANVULLING­S

Die aanvulling­s op die winkelrakk­e is in die verlede nie deur enige organisasi­e of wet gereguleer nie. Die Medisynebe­heerraad van Suid Afrika is in samewerkin­g met die departemen­t van gesondheid egter sedert 2013 in ’n proses om beter beheer oor aanvulling­s uit te oefen. ’n Voorlopige dokument is reeds in 2014 uitgereik en ons hoop dat ’n finale dokument in die nabye toekoms gewettig sal word. Hierdie dokument beskryf minimum en maksimum hoeveelhed­e wat in aanvulling­s mag voorkom en gee ook duidelike riglyne oor watter gesondheid­sbewerings op produkte mag verskyn. Volgens die voorlopig voorgestel­de regulasies word geen kunsmatige versoeters in aanvulling­s toegelaat nie. Sekere woorde soos en

word ook nie op etikette of in advertensi­es toegelaat nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa