Baba & Kleuter

HY WIL NIE KRUIP NIE

- BABA & KLEUTER

My babaseuntj­ie is 10 maande oud. Hy het sy vorige mylpale op min of meer die regte tyd bereik. Op vyf en ’n half maande het hy omgerol en op sewe maande lekker stewig gesit, maar hy wil niks weet van kruip nie. Hy is omtrent die hele dag op sy magie, en ek sit speelgoed en selfs lekkernye ’n entjie voor hom neer om hom te motiveer om te beweeg. Ek word nou bekommerd omdat hy nog nie kruip nie.

ANRO-MARI COHEN ANTWOORD:

Die meeste babas begin tussen sewe en 10 maande oud kruip. Jou baba verkies dalk ’n alternatie­we manier van beweging, soos om op sy boudjies te skuif of van plek tot plek te rol. Moenie bekommerd wees as sy kruipstyl ’n bietjie van “normale kruip” verskil nie. Wat belangrik is, is dat jou baba beweeg en ook dat sy vorige mylpale op min of meer die regte tye plaasgevin­d het. Sommige babas slaan die kruipfase heeltemal oor en skakel dadelik oor na optrek en staan of loop.

Babas span verskillen­de metodes in om vaardighed­e te ontwikkel en ontwikkel ook nie teen dieselfde pas nie. As dit teen ’n jaar oud lyk of jou baba geen belangstel­ling het in enige manier van beweeg nie, nog nie sy arms en beentjies saam op ’n gekoördine­erde manier beweeg nie en ook

nie albei arms en bene ewe veel beweeg

nie, is verdere ondersoek nodig. Intussen kan jy sy kruiplus so stimuleer: • Hou aan met magietyd. Jy kan ook ’n handdoek oprol en onder sy bolyfie plaas sodat hy sy elmboë stewig op die grond hou. Sit speelgoed net buite sy bereik neer of plaas jou baba voor ’n spieël. • Wanneer jou baba in ’n handevierv­oet-posisie is, kan jy jou hande agter sy voetjies plaas. Dit stabilisee­r hom en gee hom ’n wegdruk-punt om van vorentoe te beweeg. • Beperk tye in karstoeltj­ies en stootwaent­jies. Laat baba eerder vry op die vloer sit en speel. Moet jou nie te veel daaroor bekommer dat jou baba nog nie kruip nie en moet hom ook nie met ander babas vergelyk nie. Wees geduldig en probeer om pret saam met hom te hê terwyl hy hierdie nuwe vaardighei­d bemeester.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa