Baba & Kleuter

MEDISYNE-MOENIES

-

• Moenie enige teelepel gebruik nie; gebruik die medisynema­at wat saam met die

medisyne verskaf word. Met ’n teelepel kan jou kind dalk te veel of te min inkry. • Moenie sommer medisyne gee nie. ’n Mens hardloop soms te gou na die medisyneka­ssie toe as jou kind van ’n ongesteldh­eid kla. Die meeste van dié skete woed hulleself egter vinnig uit en soms is medisyne glad nie nodig nie. Partykeer is ’n pynstiller weer al wat nodig is. • Moenie te veel onnodige medisyne in jou huis hou nie. Kinders is supersnuff­elaars –

maak dus seker dat die medikasie op ’n veilige plek bewaar word. • Moenie vergeet om medisyne eers te skud as die etiket jou vra om dit te doen nie. Sommige medisynes moet geskud word, anders is die eerste toediening te swak (sodat dit nie genoeg help nie) en die res te sterk (wat jou kind skade kan berokken). • Moenie medikasie met aspirien gee nie. As kinders onder 16 aspirien drink, loop hulle die gevaar om Reye-sindroom en dus brein- en lewerskade op te doen. Lees die etiket deeglik om seker te maak daar’s geen aspirien in nie. • Moenie medikasie ná die vervaldatu­m hou nie. Werk elke drie maande deur jou

medisyneka­s en gooi ou produkte weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa