Baba & Kleuter

Vir Hoerawater!

Toe die laaste stuiptrekk­ings van die winter in die Vrystaat gevoel kon word, is klein Johan Dawid ( JD) op ’n baie spesiale manier in Bloemfonte­in gebore. Ons het met sy ouers en vroedvrou oor die ervaring gesels.

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Klein JD van Staden van Bloemfonte­in was een van ’n baie klein maar toenemende aantal babas wat in die water gebore word.

“Halleluja. Dit is wat ek wou uitroep toe ek in daai bad klim,” sê ma Madelein (33) oor haar eersteling se geboorte.

Die besluit op ’n watergeboo­rte is eintlik uit nood gebore, vertel sy. Toe hul mediese fonds laat weet het hulle gaan nie vir haar bevalling betaal nie omdat sy reeds swanger was toe sy aangesluit het, moes Madelein en haar man, Johan, ’n ander plan maak. Maar naas kraam by ’n plaaslike staatshosp­itaal was daar geen ander moont- likhede nie – tot ’n vriendin een aand by ’n braai vertel van ’n nuwe geboortese­ntrum in die stad, die Estherea Women’s Wellnesskl­iniek. Twee vroedvroue en ’n doula verlos jou baba daar in ’n huislike omgewing, het die vriendin vertel.

“Toe ek Charné, die vroedvrou, die eerste keer ontmoet, het ek geweet ek sal ’n pad met haar kan stap. Ek was nog net vier weke swanger met ons eerste afspraak, en sy het my alles vertel van die verskillen­de soorte geboortes wat hulle by die sentrum ondersteun. Ek het nie daardie dag al op ’n watergeboo­rte besluit nie, maar ek het baie van die idee gehou om in ’n stil en rus- tige omgewing soos die kliniek te kraam. Namate die tyd aangestap en ek meer oor watergeboo­rtes geleer het met ons voorgeboor­teklasse – ook by die kliniek – het dit ál duideliker geword dat dit ’n fantasties­e ervaring kon wees. Die feit dat my suster ook ’n watergeboo­rte gehad het, was ’n verdere aansporing,” vertel Madelein.

Charné Human het ook dadelik by Madelein aansluitin­g gevind. “Daar was gou ’n band tussen ons,” vertel dié gekwalifis­eerde vroedvrou wat al meer as ’n dekade in die privaat sektor werk en tans aan die stuur van Estherea se aktiewe-geboortese­ntrum is.

“Dit is baie belangrik dat ’n vroedvrou ’n emosionele band met haar pasiënt het, aangesien ons nie net daar is vir die harde, praktiese ondersteun­ing nie,” vertel Charné.

BLITS-BEVALLING

Madelein was ten volle ontsluit toe sy in die water klim, vertel Charné. In ideale omstandigh­ede behoort ’n vrou in die bad te klim wanneer sy 7 cm of 8 cm ontsluit is. Madelein se kraamprose­s het egter buitengewo­on vinnig gevorder.

Toe sy Charné die middag vieruur gebel het, was sy ontwetend al in latente kraam, oftewel die fase wanneer ’n vrou al 0 tot 3 cm ontsluit is. Met die eerste ondersoek ’n paar uur later was dit duidelik dat sy al 5 cm ontsluit het, en 45 minute later was dit 7 cm.

In die ure daarna tot klein JD kort voor middernag gebore is, is Madelein soos ’n koningin behandel. Om haar was haar man, Johan, nog ’n ervare vroedvrou en Estherea se eie doula, suster Jackie.

Vir pynverligt­ing was daar ’n warmwaters­ak en ’n geboorteba­l, maar dit was veral

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa