Baba & Kleuter

KRY woema, MAMMA!

Voel jy ’n bietjie lam terwyl jou kleinding daar in jou boepie groei? Met dié raad herwin jy sommer gou-gou jou kragte!

- BABA & KLEUTER DEUR LIBBIE JOUBERT

1

Daar is min dinge lekkerder as om in ’n warm skuimbad te ontspan en met jou ongebore baba te gesels. Vertel haar hoe opgewonde jy is om haar te ontmoet. As jy in jou derde trimester is, sal jy haar dalk sien beweeg in reaksie op die warm water. Swem is ook ’n goeie manier om van pyn ontslae te raak – dit neem druk van jou gewrigte af en gee veerkrag aan jou moeë spiere.

2

Dis nou die tyd om met lyf jou te spog – en ook daai gleufie daarbo. Gaan koop ’n paar items wat die aandag sal trek; dit sal jou onmiddelli­k goed laat voel. Daar is mos niks mooier as ’n stralende, goed versorgde swanger vrou nie!

3

Joga en pilates spesifiek vir swanger vroue sal jou soepel maak, wat baie sal help wanneer jy kraam. Diep asemhaling is ’n goeie kuns om aan te leer en sal kraampyne help verlig. Jou liggaam sal ook heelwat gouer ná die geboorte herstel.

4 WATER-WONDER KLEREKAS MET FLAIR BEPROEF JOGA OF PILATES ’N BIETJIE VARS LUG

’n Vinnige stapsessie sal jou hart lekker laat klop en jou nuwe moed gee. Moenie jouself dryf nie; doen net waarmee jy gemaklik voel. Dit is immers belangrik om jou fiksheid in stand te hou terwyl jy swanger is.

5

Die oordadige bloedvloei en hormone kan jou besonder goed laat voel, veral as die eerste trimester verby is. Vir baie vroue lewer swangerska­p die beste seks op. En tensy jou dokter jou afraai, kan seks goed vir jou baba ook wees. ’n Orgasme vermeerder die bloedvloei en dus die vloei van suurstof en voedingsto­wwe na baba.

6 SKOP IN DIE BED BEDERFIES TUIS

Tuisspa-produkte is deesdae volop in die winkels. Neem ’n dag af en begin met ’n ontspannen­de bad en gesigsbeha­ndeling en eindig deur jou naels te verf. Dit is waarskynli­k een van die laaste tydjies wat jy net aan jouself kan bestee – haal die meeste daaruit.

7 LEER POSITIEF DINK

Maak seker jy het ’n verskeiden­heid selfhelp-boeke en meditasiee­n ontspannin­g-CD’s. Voed jou brein deur iets te lees wat jy nie normaalweg sou nie. Lees hardop vir jou baba, gesels en sing – onthou, teen 24 weke kan jou baba jou stem hoor.

8

Vrugte soos appels, koejawels en piesangs is gepak met vitamien C wat help met die opname van yster en jou immuunstel­sel ondersteun. Sny vrugte op en strooi muesli en jogurt oor vir ekstra vesel en kalsium. Vesel help natuurlik ook teen hardlywigh­eid, ’n algemene swangerska­pskwaal waarmee jy dalk al kennis gemaak het.

9 VRUGTE-HAPPIES SLAAP AS JY KAN

’n Eerste swangerska­p is ’n lekker verskoning om ’n uiltjie te knip sodra jy daarna voel. Dié wat ’n tweede of derde kind verwag, weet slaap is omtrent ’n luukse terwyl jy swanger is. Dis moeilik om te slaap in die vroeë en laat stadiums van swangerska­p – gryp dus die geleenthei­d aan as hy

hom voordoen.

10 OP MET DAAI VOETE

Spatare en geswelde enkels en bene is onaantrekl­ik en kan selfs pynlik wees. Dit word veroorsaak deur swangerska­pshormone wat die aarwande laat ontspan en wat bloedvloei vertraag. Help jou bloedsomlo­op aan deur jou enkels in die rondte en jou voete op en af te beweeg en jou voet op ’n kussing te laat rus. Laat ook jou voete in ’n bakkie warm water gegeur met veilige olies ontspan. Vryf verfrissen­de voetsalf aan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa