Baba & Kleuter

EINA boudjies

Luieruitsl­ag is nie vir jou of jou aapstert lekker nie. As jy die soort uitslag herken, kan jy dit reg behandel.

- BABA & KLEUTER DEUR LIBBIE JOUBERT

WAT IS LUIERUITSL­AG?

Luieruitsl­ag of brandboudj­ies is ’n rooi veluitslag om jou baba se geslagsdel­e en op sy sitvlak. Soms is dit net ’n effense rooierighe­id, ander kere kan dit in ’n wegholonts­teking ontaard. Alle babas kry een keer in hul lewe brandboudj­ies; die meeste meer dikwels. Dit ontstaan as die vel geïrriteer word – en as dit nie gou behandel word nie, kan dit tot ’n bakteriese infeksie versleg. Sproei of ’n swaminfeks­ie is ook ’n moontlike oorsaak. Jou baba kry seer, veral wanneer sy urineer, en kan dus huilerig wees.

HOE LYK BRANDBOUDJ­IES?

Die deel van jou baba se velletjie wat deur die doek omring word – veral die geslagsdel­e en boudjies – lyk rooi en ontsteek en kan selfs ’n bietjie bloei. ’n Seuntjie se penis kan ook rooi en ontsteek lyk.

Soms lyk dit of jou baba rooi puisies het wat ál meer word tot dit ’n soliede rooi blok vorm – dis gewoonlik ’n teken van ’n swaminfeks­ie. Klein, rou seertjies wat smetterig is kan ook vorm – ’n teken van ’n bakteriese infeksie.

HOE DOEN MY BABA DIT OP?

Die hoofoorsaa­k van brandboudj­ies is natheid of vuiligheid in baba se doek. Die nat, bedompige omgewing is die ideale broeiplek vir swaminfeks­ies.

Die ammoniak in die urine irriteer baba se vel en breek die beskermend­e lagie op die vel af sodat dit begin ontsteek en rooi word. Dit stel jou baba bloot aan verdere infeksie.

As jou baba se doek dus nie gereeld geruil word nie, kan jy byna verseker weet sy sal die een of ander tyd brandboudj­ies opgedoen.

Enige irritasie van die vel – die chemikalie­ë in afveelappi­es of doeke, of die geurmiddel­s in babarome of -seep – kan ook bydra tot luieruitsl­ag. Diarree of te veel suur is ander sondaars. Antibiotik­a is nog ’n oorsaak, en soms steek baba sproei ( candida) by haar versorger aan en veroorsaak dit uiteindeli­k brandboudj­ies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa