Baba & Kleuter

SPEEL op die agenda

- BABA & KLEUTER

WATERVAL

Hou jou baba versigtig aan haar skouers vas terwyl jy met die ander hand water skep in ’n beketjie en die water soos ’n watervalle­tjie oor haar magie laat vloei.

SWEM-SWEM

Hou jou baba onder haar magie vas en swiep haar sagkens op en af in die bad, asof sy sou swem. Wees net versigtig om haar mond en kennetjie bo die water te hou.

PLAS-PLAS

Wys jou baba hoe om haar handjies op die water te klap en so plasgeluid­e te maak.

DRYFTYD

Laat ’n verskeiden­heid plastiekbo­otjies en eendjies in die water dryf. Moedig haar aan om daarna uit te strek.

PLANNE VIR PEUTERS

• Skaf ’n sandbak aan met grafies en bakkies. Dit behoort jou spruit besig te hou, veral as daar ’n maatjie is – of hoekom speel Mamma nie sommer saam nie? • Maak ’n rammelaar van ’n plastiekbo­ttel met sade binne-in. Maak die prop stewig vas, versier die bottel met allerhande kleure en gee dit aan die kinders om mekaar te vermaak. • Blaas ’n opslaanswe­mbadjie op en sorg so vir ure se pret. Maak net seker dat daar altyd goeie toesig is. • Huur ’n ballebad en laat jou spruite en maatjies daarin baljaar. • Lus vir bietjie vingerverf? Sit die verf in ’n vlak pan en laat jou japsnoet vingeren voetafdruk­ke daarop maak. • Seepbelle hou altyd ’n verwonderi­ng vir kinders in. Blaas ’n klompie en laat sy dit probeer vang.

KREATIEF MET JOU KLEUTER SOETGOED-JAG

Dis ’n speletjie wat in ’n groep gespeel moet word. Die idee is om klein lekkernye oral weg te steek en as ’n japsnoet dit kry, kan hy dit eet. Help maar so ’n bietjie hier en daar as jy sien ’n snuiter kom nie heeltemal reg nie.

BALLONNETR­AP

Blaas vir die kinders ’n klompie ballonne op, maar nie te styf nie. Laat hulle hul skoentjies uittrek, bind ’n ballon om elkeen se enkel en laat die kinders mekaar se ballonne probeer stukkend trap. Nodeloos om te sê dat die enetjie wat met die laaste ballon agterbly, die wenner is.

Seepbelle hou altyd vir kinders verwonderi­ng in

AARTAPPELR­ESIES

Gee vir elke kind ’n lepel met ’n aartappel in en laat hulle agter ’n streep staan. Laat die klompie dan resies hardloop met die aartappels – die een wat eerste oor die wenstreep met sy aartappel is, is die wenner. Let wel: Die aartappel mag nie afval nie en mag ook nie vasgehou word nie.

WIE SE PRESENTJIE IS DIT?

Draai ’n klein geskenkie in ’n paar lae geskenkpap­ier toe. Laat die kleintjies in ’n kringetjie sit en die geskenkie aanstuur terwyl elke kind ’n lagie van die geskenkpap­ier afskeur. Die kind wat die laaste lagie papier afskeur, kan die geskenkie hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa