Baba & Kleuter

PRET BUITE DIE BAD

-

As ek Elizabeth Anne’s ruik, dink ek aan kattekwaad. Ek weet nie meer hoe oud ek was nie, seker so drie, toe ek en my ouer boetie en sussie verveeld geraak het in die bad. Daar was immers drie van ons daar en die ruimte vir speel was dus min.

Soos meeste van julle seker weet, ontaard ’n verveelde kleuter baie vinnig in ’n stout kleuter. Dié effek is natuurlik drie keer erger met drie kleuters. Ek weet ook nie meer waar my ma was nie, want ons was alleen in die bad. Een van ons het die seep beetgekry (seker my boetjie – hy was ’n karnallie) en sommer alles in die bad gegooi. Gou was ons seepglad. En wat doen ‘n seepglad kind goed? Gly, natuurlik!

Die badkamer het een van daardie linoleumvl­oere gehad. (Moenie oordeel nie – dit was sjiek in die sewentigs!)

Ons het al gillende kaalbas heen en weer oor die vloer gegly. Dit was baie, baie lekker! Op die maag in een rigting en terug op die boude.

Die uitbundige gille het my ma natuurlik laat kom. Gelukkig vir ons is sy ’n baie wyse vrou. Sy het nie geskel nie – my ma skel nooit nie – en het ons maar laat begaan. Ek is seker sy het diep gesug en tot tien getel, maar toe sy sien hoe lekker ons speel, het sy besluit om ons die vryheid van die stout speletjie te gun. En hoekom nie? Dis tog net water en seep wat maklik weer skoongemaa­k kan word. Dalk het sy selfs gedink dis ’n flink manier om sommer die vloer skoon te kry!

Kom ons wees almal soos my ma destyds... Wanneer badtyd wild word, bly kalm en probeer dit maar geniet. Dis tog net seep en water!

Groete tot Junie,

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa