Baba & Kleuter

NAAR soos nog nooit in jou lewe!

Nee, hiperemese is nie ’n geleerde woord vir swangerska­psmislikhe­id nie. Dis ’n toestand van naarheid wat jou so kan oorweldig dat jy nie meer normaal kan funksionee­r nie. Hanteer dié seldsame aandoening so.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Volgens kenners ly net tussen 0,3 en 1,5 persent van swanger vroue aan hyperemesi­s gravidarum, oftewel hiperemese. Dis daardie buitenspor­ige naarheid en braking waaraan die hertogin van Cambridge so erg gely het dat sy in die hospitaal opgeneem moes word. Met hiperemese sukkel jy om die geringste kriesel binne te hou terwyl jy swanger is en sit jy dus ook nie na wense gewig aan nie.

SWANGERSKA­PSNAARHEID OF HIPEREMESE?

Jy weet jy het moontlik hiperemese as jy nie normaal kan funksionee­r nie. Selfs eenvoudige takies soos bad, stort of bestuur is een te veel omdat jy aanhoudend moeg is.

Jy sal ook nie staat wees om te eet of drink sonder om op te gooi nie en kan dus ontwater, sê dr. Gerrit Viljoen, ’n ginekoloog van Johannesbu­rg. Jy kan deurmekaar en flou voel en aan hoofpyn ly. Jy het heel waarskynli­k hiperemese as jy 5 present of meer van die gewig verloor wat jy voor jou swangerska­p gehad het. Bloeddruk en ’n vinnige hartklop is nog komplikasi­es. WAAR KOM DIT VANDAAN? Niemand is presies seker nie, maar kenners reken hiperemese word waarskynli­k veroorsaak deur ’n baie hoë sensitiwit­eit vir swangerska­pshormone en ’n verhoging in die vlak van hormone in jou liggaam.

Daar is moontlik ook ’n oorerflike faktor betrokke, want uit studies blyk dit dat vroue wie se ma of suster hiperemese gehad het, 17 keer meer geneig is om dit te kry as ander vroue. As jy in ’n vorige swangerska­p hiperemese gehad het, is die kans goed dat jy dit weer sal kry. En ongelukkig is die simptome geneig om met elke swangerska­p erger te raak.

Hiperemese begin meestal tussen vier en sewe weke van swangerska­p, bereik ’n hoogtepunt teen nege tot 12 weke en hou meestal aan tot 20 weke.

Sommige swanger vroue wat daaraan ly, meen dat hulle teen 15 weke effens beter begin voel, maar daar is ook gevalle waar hiperemese tot met baba se geboorte geduur het.

WAT VAN MY BABA?

Hoewel jy aaklig voel, behoort jou ongebore baba al die nodige voedingsto­wwe in te kry uit ekstra voorraad wat in jou liggaam geberg word. Jou baba kan egter aangetas word as die toestand onbehandel bly. Jy moet dus so gou moontlik behandelin­g ontvang.

BEHANDELIN­G

Dit is ’n goeie idee om jou ginekoloog of huisdokter te raadpleeg as die simptome met jou lewe begin inmeng, al het jy nog nie gewig verloor nie.

Kwaai hiperemese word gewoonlik met spesifieke middels soos Zofran behandel, sê Gerrit. In talle studies is gevind dat hierdie middels jou ongebore baba nie benadeel of aantas nie.

Medikasie kan gestaak word sodra die meeste braking en naarheid verdwyn het.

In baie gevalle kan swanger vroue nie die medikasie binnehou nie en ontwater hulle omdat hulle steeds nie kan eet of drink nie. In so ’n geval sal jy in die hospitaal opgeneem word om die verlore vloeistoww­e, vitamiene, minerale en teen-naarheidme­dikasie binneaars te ontvang.

OORLEEF DIT SO

• Rus soveel jy kan.

• Vra jou vriende en familie om jou te ondersteun deur te help kook, inkopies te doen en na jou kinders om te sien.

• Maak seker jy bly gehidreer.

• Vermy reuke en kos wat jou siek laat voel en eet eerder koue kos.

• As jy dit kan regkry, eet klein en gereelde etes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa