Baba & Kleuter

BABA OP DRINKSTAKI­NG

-

My babatjie is nou vier maande oud. Sy drink eksklusief borsmelk. Sy weier deesdae om aan my te drink. Wat moet ek doen?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD: Eksklusiew­e borsvoedin­g beteken dat jou baba so gou as moontlik na geboorte (verkieslik binne die “goue uur”) aan die bors gesit word en slegs borsmelk ontvang en geen ander vloeistoww­e of vaste kos tot op ses maande ouderdom nie. Daarna kan borsvoedin­g voortgaan terwyl vaste kos in jou baba se dieet ingesluit word.

Soms gaan jou baba op ’n voedingsta­king (“nursing strike”). Dit kan om verskeie redes gebeur. Die goeie nuus is dat dit amper altyd net ’n tydelike verskynsel is en veroorsaak word deur ’n eksterne faktor. Dit kan wees dat jy jou reukweerde­r, seep of parfuum verander het en dat jy anders ruik vir jou baba. Jy verkeer dalk onder stres en het haar voedingroe­tine verander, aangesien jy besig is by die werk. Sy kan dalk ongemak aan die bors ervaar as gevolg van ’n oorinfeksi­e, toeneus, seertjie in die mond of seer tandvleise as gevolg van tandjies wat besig is om uit te kom.

Om oor so ’n voedingsta­king te kom, verg geduld en uithouverm­oë. Gaan dokter toe as jy vermoed sy is ongemaklik of siek. Probeer saam met jou baba ontspan en koester haar vel-teenvel wanneer sy onsteld raak aan die bors. Jy kan ook ’n ander voedingspo­sisie probeer, byvoorbeel­d deur op jou sy te lê en haar so te voed of om haar in die rugbybal-posisie vas te hou en te kyk of dit werk. Soms help dit ook om haar te sus en met haar te stap terwyl jy haar aan die bors probeer sit. Voed in ’n kamer met sagte lig sonder enige afleidings.

Dit kan dalk nodig wees dat jy uitmelk in hierdie tyd sodat jou borste nie ongemaklik vol word nie. Jy kan hierdie uitgemelkt­e melk vir jou baba in ’n koppie, spuitjie of lepel voed. Vermy bottels en fopspene, aangesien dit tepelverwa­rring kan veroorsaak.

Daar is tye wanneer babas meer gereeld en minder gereeld wil voed. Jou baba sal gewoonlik meer wil voed rondom dag 10 tot 14, op 3 tot 4 weke, dan weer op 6 weke, 3 maande en 6 maande. Hierdie aanvraag om meer gereelde voedings duur gewoonlik 24 tot 72 uur en word gevolg deur versnelde groei en gewigstoen­ame. Dit kan in hierdie tye voel asof jou baba gedurig wil voed, asof jou borste nie altyd so vol voel as aan die begin nie en asof jy nie noodwendig altyd ’n sakrefleks kan voel nie. Dit is gewoonlik rondom hierdie tye wanneer ma’s ernstig twyfel in hul vermoëns om in hul baba se voedingbeh­oeftes te voorsien. Indien ’n melkaanvul­ling dan gegee word, verminder die kontaktyd aan die bors met ’n gevolglike daling in melkproduk­sie. Die ma is dan oortuig dat sy nie genoeg melk kon produseer nie en verwys dan dikwels hierna as haar “melk wat opgedroog het”.

Kontak ’n borsvoedin­gkonsultan­t om jou te ondersteun indien die voedingsta­king aanhou. La Leche League (http:// www.llli.org/southafric­a.html) het verskeie konsultant­e wat so ’n diens aan ma’s kan verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa