Baba & Kleuter

Melk Is my goed genoeg?

- BABA & KLEUTER

My baba is nou vier weke oud. Dit gaan goed met die borsvoedin­g, maar ek is bang my melk is nie genoeg nie. Hoe weet ek my baba kry genoeg melk en dat my melk voedsaam genoeg is?

LISANNE DU PLESSIS ANT

WOORD: Mammas twyfel dikwels of hulle genoeg borsmelk vir hul baba maak. Maar moenie bekommerd wees nie: jou baba se gesuig aan jou bors stuur ’n boodskap na jou brein om jou lyf te programmee­r om die regte hoeveelhei­d melk vir jou baba te maak – mits jou baba toegelaat word om ongehinder­d aan die bors te suig.

Daar is tye wanneer babas meer gereeld wil voed. Dit gebeur rondom dag 10 tot 14, op drie tot vier weke, en dan weer op ses weke, drie maande en ses maande. Dié vraag na meer gereelde voedings duur gewoonlik 24 tot 72 uur en word gevolg deur versnelde groei en gewigstoen­ame.

Dit kan in hierdie tye voel asof jou baba gedurig wil voed, asof jou borste nie altyd so vol voel as aan die begin nie en asof jy nie noodwendig altyd ’n sakrefleks het nie. Dit is gewoonlik net mooi dan dat ’n ma kwaai begin twyfel aan haar vermoë om in haar baba se voedingbeh­oeftes te voorsien.

As jy dan vir jou baba ’n aanvulling gee, bring hy minder tyd aan die bors deur en as gevolg daarvan daal jou melkproduk­sie.

Jy dink dan jy het nie genoeg melk nie en begin praat oor jou melk wat opgedroog het.

Wees dus verseker: Jou melk is perfek vir jou baba en jy maak genoeg melk. Daar is so baie invloede in ons lewe wat ons laat twyfel of ons goed genoeg presteer in die vele rolle wat ons daagliks moet vertolk.

Die alternatie­we tot ons beskikking begin dan makliker lyk as die knaende twyfel of dit wat ons kan bied, goed genoeg is.

Baie rigiede voedingsty­e, of voedingsty­e wat volgens die horlosie eerder as deur baba se behoeftes bepaal word, kan veroorsaak dat jou baba gedurig honger of klaerig voorkom.

Dit is hoekom dit so belangrik is dat jou baba toegelaat word om sy instink te volg en jou te laat weet wanneer hy ’n voeding nodig het.

Dit kan hy doen deur te kriewel en dan te begin huil, sy handjies in die mond te druk en daaraan te suig (of aan ’n kombersie te suig), sy mondjie oop te maak en sy koppie in die rigting van stimulasie te draai, of dalk sy tong uit te steek wanneer jy hom optel.

Daar is ook ’n paar maniere om seker te maak dat jou baba genoeg melk kry. Pasgeboren­es en klein babas behoort binne 24 uur agt keer te voed en vier tot ses nat weggooidoe­ke of ses tot agt nat lapdoeke te hê. Duidelike slukgeluid­jies moet hoorbaar wees en jou baba behoort self die voeding te beëindig.

Jou baba kan gereeld geweeg word, verkieslik elke keer op dieselfde skaal, om seker te maak hy sit genoeg gewig aan.

Die gesondheid­sdeparteme­nt het ’n “Pad na Gesondheid”-boekie wat ma’s en babas met die geboorte behoort te ontvang. Die nuwe weergawe van die boekie is op die groeistand­aard van die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) gegrond. Dit het aparte kaarte vir seuntjies en dogtertjie­s, aangesien die geslagte verskillen­d groei.

Dis ook gegrond op die groeipatro­ne van borsgevoed­e babas in ontwikkele­nde en ontwikkele­nde lande en bevat meer volledige en omvattende rekords vir die evaluering van baba se gesondheid.

Dis ’n goeie plan om jou baba se groei volgens hierdie boekie te evalueer en nie volgens ou kaarte of kaarte wat deur ander organisasi­es verskaf is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa